Logo

 

 

Valid CSS!
 
 
 
 

CHRISTIAN TESTIMONIES

 

Briewe en kommentaar aan die Media / Letters and comments to the Media 

Spangenberg >>, “TEO” >>, Griffel Media >>, Neels Jackson en Julian Müller >>, Anton Pienaar >>, SMS’e aan Beeld >>, Kerkbode Aanlyn >>, Kletskerk >>, Abel Pienaar >>, >>Skakels na “TEO” en “Kletskerk” >>, Die Liberale Webwerf “TEO” >>, Gerda de Villiers >>, Verklaring van NG Kerk Doornkloof oor Grense en Saambly >>, Waar is die ware Leviete >>, NG Kerk >>, Danie Strydom >>, Trojaanse perd en die NG Kerk >>, Dr. Hennie Mouton >>, Daniel Louw >>, Ek is kwaad, daarom bid ek, Danie Louw >>, Sarel van der Merwe >>, dwaling op die Teologiese front >>, Skepping vs Evolusie >>

Wat het Spangenberg, “TEO” Teologiese Fakulteit van Tuks se webwerf, Griffel Media, Kerkbode Aanlyn, Neels Jackson en Julian Müller en vriende in gemeen? (Aan Rapport, Beeld en Kerkbode gestuur).

Lees verder

Spangenberg se Jesus sal sommige lesers skok van Johannes de Villiers 2009-10-03, in die Boeke bylaag van Rapport, “TEO”, die webwerf van die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria (Tuks), Neels Jackson se verdediging van Julian Müller en vriende asook  Kerkbode Aanlyn, het betrekking!

Kommentaar van Anton Pienaar van Kerkbode Aanlyn...
Jou brief is aan meer as een koerant geskryf en na my mening ʼn bietjie venynig.
Anton Pienaar
anton@tydskrifte.co.za

Danie Strydom antwoord...
Anton Pienaar,
Neem gerus die feite in ag. Die joernaliste is veronderstel om objektief verslag te lewer. Wat die teologie en kerksake betref is dit betreurenswaardig om die minste te sê. Ek wens dat daar mense wat werklik glo dat die Bybel die Woord van God is, aangestel sal word om verslag te doen oor die teologie en kerksake!

Vir ons almal se onthalwe in hierdie land. Joernalistiek word darem op ander velde redelik goed beoefen, wat is dan nou hier die probleem?

Danie Strydom

________________________________________________________________________

SMS’e aan Beeld

Julian Müller sê steeds na 'n driekwart bladsy in Beeld dat hy nie glo in die fisieke opstanding van Jesus en die leë graf nie. Hy kan dit gerus in een sin sê!

________________________________________________________________________

Kerkbode Aanlyn?!

“Kletskerk” Webmeester en inhoudsredakteur asook nuusredakteur van Kerkbode Aanlyn: Jean Oosthuizen

Jean Oosthuizen

Hoe kan mens iemand soos Jean Oosthuizen, wat onderstaande self op kletskerk geskryf het, en die webmeester en inhoudsredakteur daarvan is waar ateïstiese en Godslasterlike skrywes gereeld geplaas word, toelaat om enigsins op Kerkbode te dien -- meer nog, nuusredakteur te wees. Dan nog ʼn permanente skakel van Kerkbode Aanlyn daarheen!

Jean sê op Kletskerk:

“Dit is nie maklik om deesdae ʼn Christen te wees nie. Dis eintlik ʼn helse stryd. Om die waarheid te sê ek is van mening daar word ʼn totale aanslag teen Christene geloods. Ek praat nou natuurlik van waarlike Christene soos ek.

Ons word vanuit twee fronte aangeval. Aan die een kant is daar die ateïste wat mens dag en nag peper met allerlei beuselagtige vrae oor goed wat hulle wéét g’n mens die antwoord van ken nie. Nie eers húlle ken die antwoorde nie. En hulle is baie slim. Dan is daar die Roomse gevaar, die Joodse gevaar, die Moslem gevaar, die gay gevaar....  ag dis net gevare waar jy kyk.

Ons goeie gewone Christene gaan rêrig swaar gebuk onder al die gevare. Maar ons word ook vanuit ons eie kring aangeval. Die spreekwoordelike adder in eie boesem om die fundamentaliste se eie taal te gebruik.

... Een van die nuutste Christelike gril-goed wat ek raakgeloop het, is die nuwe Afrikaanse tydskrif Juig. Dit is nou die Afrikaanse boetie of sussie van Joy. Die ding laat my vuiler voel as wat pornografie kan doen. Om die waarheid te sê wat my betref suig Juig. Dit is niks anders as Christelike pornografie nie. ”

Skakels na “TEO” en “Kletskerk”

Hoe kan Kerkbode skakels op Kerkbode-aanlyn na 'n Godslasterlike webwerf soos Kletskerk en 'n uiters Liberale webwerf soos “TEO” plaas?

Huidige Situasie
Kletskerk het 'n verleentheid geword...

"Die moderatuur van die NG Kerk se Algemene Sinode het opdrag gegee dat alle skakels na Kletskerk op die webbladsye van die NG Kerk en Kerkbode dadelik verwyder word."

Die Godslasterlike Webwerf “Kletskerk”

Webmeester en inhoudsredakteur: Jean Oosthuizen
Epos adres: jean@kletskerk.co.za

Kletskerk
Vir alternatiewe gesprek oor die Kerk, geloof en verwante sake.

Hulle bemark onder andere die Nuwe Hervormers Netwerk van Sakkie Spangenberg en vriende daar by monde van Jean Oosthuizen!

“Die soeke na ’n eietydse spiritualiteit word die einde van die maand tydens ʼn dagkonferensie op 31 Oktober deur die Nuwe hervormings Netwerk in Pretoria bespreek.
Die dagkonferensie word aangebied in samewerking met dr Abel van Niekerk van die NHN se “geestelike arm” die Renaissance gemeente.

Abel sal praat oor “Die evolusie van Spiritualiteit” en ander sprekers sluit in Sakkie Spangenberg, Gerrit Genis en andere. Dr Piet Mulder sal praat oor:

“Evangelie sonder kruis en opstanding. ʼn Ou alternatief ”.
Die konferensie begin om 08h30 en duur tot 16h30. Dit vind plaas by die Santa Sophia Sentrum, Mainstraat 129, Waterkloof, Pretoria en vir meer besonderhede kan Abel gekontak word by...

Dr Abel Pienaar
Indien daar van die besprekings elektronies beskikbaar is sal ek dit na die tyd op Kletskerk plaas vir verdere bespreking.”

Die Liberale Webwerf “TEO”

Fakulteit Teologie: Pretoria
Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring.

Resensie op “TEO” deur Gerda de Villiers:

“Nuwe Boeke: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg, 2009      

Uitgegee deur Griffel Media: Kaapstad

Deur Gerda de Villiers

Uiteindelik! Goeie – nee, uitstekende Afrikaanse godsdienstige lektuur op die populêre mark. ʼn Welkome druppel in die leë emmer wat poog om te beantwoord aan die behoeftes van denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges. Van vroom praatjies en vlak teologie het ons genoeg.

... Sakkie Spangenberg se Jesus van Nasaret is ʼn uitstekende aanknopingspunt tussen die dominee met sy/haar goeie verantwoordelike teologie, en die ingeligte soekende lidmate van die gemeente.” (Sic)

Volledige Artikel op “TEO” se webwerf Skakel

________________________________________________________________________

Verklaring van NG Kerk Doornkloof oor Grense en Saambly.

Iemand glo darem nog die Bybel is die Woord van God.

Hierdie is ʼn amptelike verklaring van NG Kerk Doornkloof gemaak op 16 September 2009.

Skakel na volledige artikel

________________________________________________________________________

Waar is die ware Leviete?

PDF Sal die "Leviete" wat die Here dien asseblief vorentoe kom!
"Sal die “Leviete” wat die Here dien asseblief vorentoe kom! Ons is moeg vir die wat die
mense en hulleself dien!"

Die Redakteur Beeld,

Deel die lewe met mekaar hiér en nou 2009-11-04 en Gun (on)gelowige ook lewensruimte 2009-10-28 van Neels Jackson het betrekking:

Deel die lewe met mekaar hiér en nou:
Die Nuwe Hervorming Netwerk het steeds dieselfde vertrekpunte, in kort, hulle is vyande van die Evangelie van Jesus Christus! Dit lyk maar net na kalmer waters. Die verdraag-saamheid teenoor mense soos dié se standpunte wat die Evangelie ondergrawe word weereens deur die media opgedis asof ons almal dit aanvaar.

My vraag is egter waar is die Predikante wat in die gees van die Priesters Sadok en die Leviete wat getrou aan die Here gebly het, se stemme? Ek sien net ʼn handjievol wat opstaan vir die Evangelie, waar is die ander of het dit maar net ʼn gewone werk geword wat julle doen?! Die herders beter hulle werk doen, dis om kos te gee, beskerming en leiding. Kos vir die siel wat bestaan uit die korrekte interpretasie van die Woord van God wat ingeneem moet word vir groei en verfrissing asook beskerming teen die wolwe en wilde diere wat op die skape teer om nie eers te praat van die wolwe in skaapklere nie!

________________________________________________________________________

Wie sal nou luister wat sê die Here of hoor hulle ook net donderweer;

Esegiël 34:7  Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE:

Esegiël 34:8  So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape 'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie--

Esegiël 34:9  daarom, o herders, hoor die woord van die HERE!

Esegiël 34:10  So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.

Esegiël 34:11  Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.

Esegiël 34:15  Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE.

Esegiël 34:31  En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.

En die wat afgewyk het van die Here sal nog daar werk maar Hom nie meer dien nie;

Esegiël 44:10  Maar die Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My af weggedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hul ongeregtigheid dra:

Esegiël 44:11  hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis en bedienaars van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag en voor hulle staan om hulle te dien.

Esegiël 44:12  Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel 'n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die Here HERE, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra.

Esegiël 44:13  En hulle mag nie nader kom na My toe om die priesteramp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes, na die hoogheilige gawes nie; maar hulle moet hul skande dra en hul gruwels wat hulle bedryf het.

Esegiël 44:14  Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem, vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen moet word.

En dan ten opsigte van die wat getrou bly;

Esegiël 44:15  Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE.

Esegiël 44:16  Hulle moet in my heiligdom ingaan, en hulle moet na my tafel toe nader kom om My te dien en my diens waarneem.

Deel die lewe met mekaar hiér en nou van Neels Jackson 2009-11-04:

“Vyf jaar gelede het die teologiese storms om die Nuwe Hervorming in al hul felheid gewoed. Neels Jackson berig dat die Nuwe Hervorming Netwerk, wat daaruit gebore is, nou in kalmer waters vaar.” lees verder

Gun (on)gelowige ook lewensruimte:

Dan is die beste wat Drs. Stephan Joubert en Nelis Niemandt, wat sendingwetenskap doseer, kan doen as hulle vir die Evangelie moet opstaan; Die skool is nie ʼn sendingveld nie, volgens Stephan Joubert en Nelis Niemand sê dat sending ʼn saak van verhoudings is waarmee ek saamgaan as dit is om iemand te help om met die Lewende God van die Bybel ʼn verhouding te hê deur tot bekering te kom! Dit is definitief nie wat hy hier sê nie! Hulle propageer albei die “Emergent Church” so dis eintlik te verstane waarom dit hul posisies is.

Gun (on)gelowige ook lewensruimte 2009-10-28 van Neels Jackson, wat berig na aanleiding van die debat oor godsdiens in skole.

“Die skool is nie ’n sendingveld nie.
Hieroor stem dr. Stephan Joubert van die e-kerk saam.

Niemandt, wat sendingwetenskap doseer, sê dit beteken nie Christene hoef hul sendingywer in te boet nie. Maar sending is in die eerste plek ’n saak van verhoudings, nie van inligting nie. Goeie verhoudings beteken meer vir die sending as om mense met propaganda te oorlaai.” Lees verder

________________________________________________________________________

NG Kerk

Waarheen is die NG kerk op pad?

Die NG Kerk op ʼn historiese laagtepunt.

Deur Dr. Hennie Mouton, Skrywer van "Verken Lewenswetenskappe verder - ʼn kritiese evaluering van evolusie".

Die ateïs en evolusionis, prof. George Claassen, is uitgenooi om as hoofspreker by die openingsdag op 2 Februarie 2010 van Universiteit Pretoria se Fakulteit Teologie te praat oor Skepping en Evolusie.  Dat 'n ateïs uitgenooi word om by so 'n geleentheid die hoofspreker te wees, laat al klaar 'n paar vrae, maar die probleem is vererger deur die twee amptelike replieke daarop, waar die twee teologieprofessors grotendeels nie van hom kon verskil nie.

Repliek deur Dr. Hennie Mouton, Skrywer van "Verken Lewenswetenskappe verder - ʼn kritiese evaluering van evolusie" ;

Waarheen is die NG kerk op pad?

Die NG Kerk op ʼn historiese laagtepunt

________________________________________________________________________

The case of Ahab, Jesebel and the Church of the last days by Danie Strydom

Elijah killed the false prophets. Today we do it by taking up the Word of God against them. Just see how evident it is that they cannot stand against the Word of God!

1 Kings 18:40 Then Elijah said to them, "Seize the prophets of Baal; do not let one of them
escape." So they seized them; and Elijah brought them down to the brook Kishon, and slew
them there.

The case of Ahab, Jesebel and the Church of the last days

________________________________________________________________________

Die spreekwoordelike Trojaanse perd en die NG Kerk deur Danie Strydom

Hoe sal ons nou die Trojaanse Perd fnuik en buite die poorte verbrand?!

Die tyd het gekom dat ons reguit met mekaar praat, die toestand van ons land behoorlik omskryf en die antwoorde in die Woord van die Here soek. Hoe klink dit as iemand die waarheid praat, hoe diep is die indringers al binne in die midde en wie het die moed om hulle te verwyder en die regte dinge te doen om ons weer op dreef te kry?! Hoe lank sal ons nog toelaat dat die wat van beter behoort te weet, net so voort ploeter en die Trojaanse Perd binnenooi terwyl hulle dit buite die poorte moes verbrand het?

Dit is belangrik wat ons sê. Hoe toets ons die indringers? Sjibbolet was die uitspraak van die goeie ouens en Sibbolet die uitspraak van die indringers! Dit is baie naby aan mekaar, net soos vandag. Daar is egter net een regte uitspraak! Hulle sal baie woorde hê wat so reg klink, maar luister en toets mooi. Baie ironies dat hulle almal Israeliete was. Hier is baie wat hulle Christene noem maar laat hulle net ʼn bietjie praat.

Click to download full article

________________________________________________________________________

Ek is kwaad, daarom bid ek... deur Daniel Louw 2010-02-10

Op 8 Februarie 2010 skryf Willem Bakkes in “Ek glo ook dat God in ons koppe ‘gebeur’?” dat God mensgemaak is en dat God saam met die laaste mens op aarde sal sterf. Willem is tans ’n proponent by Aasvoëlkop-gemeente.

Willem sê: “Nietemin swyg ek oor my sienings en weet dat ’n mens maar versigtig moet wees wat jy aan die publiek verkondig, want daar is mense wat baie onverdraagsaam is en ’n mens skade wil berokken as jy ’n meningsverskil het oor geloofsake.”

Volle Artikel

________________________________________________________________________

Die nuutste postmoderne stominge en geestelike afval in die kerk, word aangespreek deur Mnr. Sarel v.d. Merwe. Hy wys ook op ʼn gepaste en feitelike manier na die dwaling wat verkondig word op die Teologiese front.

Die WTL seminaar oor die “Emerging” Kerk, het heftige reaksie van verskeie pro-emergent teoloë en predikante in die media ontketen. Onder die opskrif: Nuwe Verdagmakery teen NG Teoloë, was die volle voorblad van die Kerkbode van 6 Maart 2009 daaraan gewy om ʼn lasterlike persoonlike aanval teen my te loots – sonder om enigsins te verwys na die feite wat ek op die tafel geplaas het. In hierdie berig het prof. Nelus Niemandt my geëtiketteer as onder andere ʼn “selfaangestelde laksman” en vergelyk met die “Inkwisisie” – wat natuurlik mense op die brandstapel verbrand het (sien aanhegsel 1 vir Kerkbode-berig).

Al die uiters kommerwekkende feite oor “Emerging” Kerkleiers, waarna ek in die reklamemateriaal van die seminaar verwys het (sien aanhegsel 2), was heel gerieflik deur prof. Niemandt in oordrewe taal afgemaak as “haatspraak”, “karaktermoord”, “wilde stellings” en “leuens” – natuurlik sonder om aan te toon watter “stellings” ek dan sou gemaak het wat nie feitelik korrek was nie. Heel ironies het prof. Niemandt skynbaar nie agtergekom dat hy besig is om homself skuldig maak aan presies al dié dinge waarvan hy my beskuldig nie – en dit nogal op die voorblad van die Kerkbode! (vgl. Rom. 2:1) Dit wil voorkom asof ék nie die “laksman” is nie, maar of hy besig is om homself “op te hang” deur sy eie “ wilde stellings ”.

Lees meer volledig

________________________________________________________________________

Evolusie

Ateïs het respek vir Christene - Repliek deur Daniel Louw

Ateïs het respek vir Christene

http://www.kerkbode.co.za/Voorbladartikel.asp

"Ek het die hoogste respek vir christene. Ek het die hoogste respek vir gelowiges. My pa is ’n toegewyde christen en vir hom het ek die grootste respek,” het prof George Claassen tydens die openingsgeleentheid van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gesê.

Daniel se kommentaar:

Prof du Toit

Ek dink dit is goed dat ’n mens alle kante van die storie hoor. En ek sou sê dat dit goed was dat Claassen opgetree het by die UP Teologiese Fakulteit. Ek het net twee probleme:

1. As ’n Christen evolusie aanvaar, dan raak jou argumente teen ’n ateïs baie flou. En dit is ook wat gebeur het – Claassen se argumente is nie werklik weerlê nie.

2. Na hierdie geleentheid was daar ’n versoek dat Mark Harwood van CMI (www.creation.com) ook die Fakulteit sal toespreek, maar prof Julian Muller het dit nie toegelaat nie. Dit is dan mos nie om beide kante van die storie te hoor nie, of hoe?

Lees Volledige Artikel

----------------------------------------------------------------

Skepping en evolusie - Repliek deur Daniel Louw

Deur Cornel du Toit Gepubliseer: 

http://teo.co.za/artikel/articles/287/1/Skepping-en-ewolusie/Bladsy1.html

CORNEL DU TOIT

Cornel du Toit se Artikels

Respons op George Claassen (“Die klippe roep dit uit...” - http://teo.co.za/artikel/articles/286/1/Skepping-en-Evolusie/Bladsy1.html)

Daniel se kommentaar:

Waarmee ek wel met Claassen kan saamstem is dat die evolusieteorie die beste teorie is wat ons vandag het INDIEN 'N MENS AANVAAR DAT DAAR NIE 'N GOD IS NIE!

Hy weerspreek homself egter met: "Claassen is oortuig dat die evolusie teorie deur genoeg wetenskaplike bewyse gestaaf word om dit as die waarheid te aanvaar. Hy het egter bygevoeg: “Die wetenskap is nie absoluut nie. Die wetenskap erken altyd dat hy onseker is. Darwin mag verkeerd wees, maar in dié stadium is dit die beste verklaring."

Dus sê hy aan die een kant dat evolusie 'n wetenskaplik bewysde feit is en aan die ander kant erken hy dat Darwin moontlik verkeerd kon wees. Sonder om te veel in die detail in te gaan, wys dit maar net weer dat daar selfs by Claassen onsekerheid is.

Wat ek egter nie verstaan nie is hoekom dit vir Christene so moeilik is om mense te glo wat daar was wat dit vir ons opgeskryf het. God het met Adam in die tuin gewandel en dus maak dit vir my sin dat of God self Genesis 1 geskryf het, of Adam het dit geskryf hoe God dit aan hom vertel het.

Evolusie is egter 'n teorie wat juis ontwikkel is om alles te probeer verklaar sonder God. Dan maak dit mos nie sin dat Christene evolusie aanvaar en net byvoeg dat God so geskep het nie. Glo eerder die Bybel.

Lees Volledige Artikel

________________________________________________________________________

Skepping en Evolusie

UP Teologiese Fakulteit - Claassen in, Harwood uit deur Daniel Louw

Op 2 Februarie 2010 het dr George Claassen opgetree as gasspreker by die UP Teologiese Fakulteit (UPTF) se openingsdag. Later, in dieselfde maand, is ’n versoek gerig dat dr Mark Harwood ook die UPTF toespreek, maar dit is van die hand gewys. Claassen is joernalis en uitgesproke ateïs en Harwood ‘n afgetrede ontwerpingenieur en deeltydse spreker vir CMI-Australië.

Lees volle artikel

----------------------------------------------------------------

Die klippe roep dit uit...

Repliek deur Dr. H Mouton;

George Claassen, lesing gelewer by die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, 2 Februarie 2010

Prof. George Claassen, bekende ateïs en evolusionis, is deur die Fakulteit Teologie genooi as hoofspreker by hul openingsdag.   Hy het in sy aanbieding reg in die begin verklaar dat sy subtitel “Die klippe roep dit uit ...” ʼn doelbewuste omdraai van Jesus se woorde is.   Sy gedagte, soos later duidelik gaan blyk, is dat die klippe en die natuur uitroep dat evolusie sonder enige twyfel waar is.  Sy woord “omdraai” het hy waarskynlik juis gekies om die aard van sy standpunt as teenstelling teenoor God die Skepper en Sy Seun Jesus Christus duidelik te maak.

Repliek deur Dr. Hennie Mouton

________________________________________________________________________

Return to Christian

 

The Only Lifestyle

Website Disclaimer | Intro | Guestbook    

Lifestyle C Footer