Lifestyle C

Christian Books / Christelike Boeke


Jesus is die EEN!

deur Johan Janse van Rensburg

Die “Emerging Church” is die gonswoord in die teologiese wêreld vandag. Die kerk moet – volgens die voorstanders van Jesus is die een - deur Johan Janse van Rensburghierdie rigting – die evangeliese boodskap van die Bybel so aanpas dat dit in die behoeftes van die postmoderne mens voorsien. Die skrywer tree nugter en tog ferm met denkers uit hierdie oord in gesprek. Hy vind sy uitgangspunt in die waarhede van die Bybel, toets daarna die sienswyses van die emergent-skrywers hieraan en vra eindelik wat ons in die lig van die Skrif moet doen om die mens van die derde millennium in die kerk van Jesus Christus sy regmatige plek te laat inneem. Vir elkeen wat by vandag se gesprek oor die boodskap van die Bybel wil bybly – teoloë en belangstellende lidmate – is hierdie boek ’n moet.

“Die debat oor die ontluikende (“Emerging Church”) kerk en alles wat daarmee saamhang, verkeer in Suid-Afrika en onder gereformeerdes hier te lande nog in sy kinderskoene. Die verklaarde doel van die skrywer om krities-ontspanne en eerlik met mede-Christene oor die saak in gesprek te tree, sal hierdie debat beslis stimuleer. Ter wille van die eer van God of vanuit ’n motief van Soli Deo Gloria (in alles aan God alleen die eer) is so ’n gesprek noodsaaklik. Voorstanders van eerlike gesprekvoering in kerk en teologie in Suid-Afrika moet eenvoudig daarteen waak dat kritiek relevante gesprekskanale verstop. So ’n verskynsel strem die regte begrip vir mekaar en voortgaande reformasie in die kerk, ’n reformasie waarvan Johan ’n uitgesproke draer wil wees.”
Prof Piet Strauss: Voorsitter Moderamen - NG Kerk : Aug 2011

Boek R129,95
Te koop by Bybel Media Handel stalletjie
of Bestel by Bybel Media Handel
Tel 021 873 0822 Epos jan@bmedia.co.za
of Faks 021 873 0832
E boek R69,95 www.kalahari.com
Ook beskikbaar in toonaangewende boekwinkels
www.christianmediapublishing.com

Aanhaling daaruit:

"In Suid-Afrika het invloedryke leiers soos prof Nelus Niemandt en prof Stephan Joubert ook reeds op dié idees van die EC ingekoop. In sy boek “Nuwe drome vir nuwe werklikhede” bespreek Nelus die gedagtes en metodes van die EC sonder om een word van kritiek daaroor uit te spreek. Dit is vir hom ’n nuwe droom vir die nuwe postmoderne werklikheid wat ons vandag beleef. Daar word vrylik aanhalings uit emergent-leiers gemaak. Stephan Joubert skryf die voorwoord tot die boek en sê onder andere: “My kop is geswaai.” Niemandt en Joubert verskyn ook op die lys van dissipels van die EC. As sulke geliefde en invloedryke teoloë al op die idees van die EC ingekoop het, flikker die gevaarligte baie duidelik.

Nelus Niemandt het weer die voorwoord vir Stephan Joubert se nuwe boek oor Jesus (Jesus - ’n radikale sprong) geskryf. Stephan is klaarblyklik beïnvloed deur Brian McLaren se idee dat ons die Bybelse Jesus moet “reframe”. Die titel van die boek en die inhoud daarvan veronderstel dat ons ’n radikale sprong moet gee om by die ware Jesus uit te kom.

Natuurlik wil ek vir geen oomblik voorgee dat hierdie gerespekteerde Suid-Afrikaanse teoloë alles onderskryf wat deur die Amerikaanse voorstanders van die EC geskryf word nie. Daarom is dit moeilik om te aanvaar dat hulle in dieselfde kamp as Leonard Sweet, Brian McLaren of Rob Bell teregkom. Tóg is daar persoonlike kontak tussen hulle en het Stephan in ’n toespraak by die gemeente Kempton-Kruin gesê dat hy homself by iemand soos Rob Bell en die emergent-beweging vind.

Wanneer die name van hierdie bekende kerklike figure genoem word, word dit maklik as verdagmakery bestempel. Die enigste rede waarom hulle in hierdie boek bespreek word, is om die oop teologiese gesprek met hulle voort te sit en hoegenaamd nie om hulle verdag te maak nie. Die feit is immers dat hulle in hulle eie woorde baie duidelik op sekere sleutelgedagtes van die EC ingekoop het en dit propageer. Daarbenewens versuim hulle om die radikaal-afwykende beskouing van die “emergent”-skrywers wat hulle aanhaal, te korrigeer."

************************************************

NG Kerk: Reformeer of... Disintegreer? - Pieter Pelser

Lees die boek NG Kerk: Reformeer of... Disintegreer? deur Pieter Pelser hier (1.5MB).

..............................................................................................................................

Opgestaan deur Ferdie Mulder

http://www.opgestaan.com
Opgestaan; deur Ferdie Mulder

Ferdie Mulder se eerste boek : Opgestaan verskyn Julie 2011

Sedert veral die jaar 2000 is daar voortdurend debatte in Suid-Afrika oor of Jesus regtig uit die dood opgestaan het, en of dit nie eerder as ʼn metafoor verstaan moet word nie. In hierdie boek neem Ferdie Mulder gelowiges op ʼn agter-die-skerms reis om beter te verstaan hoe hierdie saak tot onlangs toe by top universiteite verloop het.

Hy vertel aangrypende, maar ook skokkende verhale van sommige studente se ontnugterings, dosente se uitsprake, en ook die kontroversie rondom die gewraakte petisie waarin ʼn groep studente Jesus se liggaamlike opstanding bely het. Mulder, die inisieerder daarvan is uiteindelik verbied deur die NG Kerk om predikant te word, en is ook lewenslank geskors van Tukkies se Fakulteit Teologie, nadat hy tydens dissiplinêre verhore skuldig bevind is. Hierdie boek is nie net ‘n uitdaging aan die leser om sy of haar eie posisie aangaande Jesus se opstanding te heroorweeg nie, maar ook ʼn aangrypend getuienis van hoe die krag van God, wat Jesus uit die graf opgewek het, vandag nog met ons is om hoop, vergifnis en versoening te bewerk.

Die boek is egter beslis ook kontroversieel, omdat dit moontlik opspraakwekkende getuienis wat tydens die onderskeie verhore na vore gekom het bespreek. Hierdie is ʼn moet lees boek vir almal wat wonder en worstel oor Jesus en gelowiges se opstanding, en ook vir diegene wat meer wil weet oor wat presies in Afrikaanse kerke gebeur het tussen 2000-2006 wat betref die opstanding van Jesus.

Kontak : On The Dot vir bestellings by 021-9188810 / 0861 668368 / eMail orders@onthedot.co.za
ISBN: 978-1-4316-0068-7

 ...................................................................................................

Trojaanse Perd in die NG kerkDie Trojaanse Perd in die NG Kerk

– die kanker van evolusie en liberalisme

Bestellings by Chris Groenewald: e-pos: cnnadvies@iburst.co.za of faks: 012-993-4106

Inhoudsopgawe
’n Voëlvlug oor die hoofstukke van die boek en Vrae en Antwoorde

Glo die Bybel >>>

 

...........................................................................................................................

Books by Dr. H D Mouton

Evolusie - Evolution (Exposed) 

1. Verken Lewenswetenskappe verder - 'n kritiese evaluering van evolusie

Verken Lewenswetenskappe verder - Dr H D Mouton

 

 

 

 

 

168 bladsye, 1ste druk Augustus 2009
Biologiese evolusie, soos aan graad 12's aan-gebied in Suid-Afrika, word bespreek en weerlê.

2. Skepping & Evolusie - onversoenbaar!

Skepping en Evolusie - Onversoenbaar! Dr H D mouton

468 bladsye, 3de druk Junie 2007
Skepping teenoor evolusie, soos ter sprake in feitlik alle toepaslike velde, word bespreek en evolusie word aangetoon om wetenskaplik onverdedigbaar te wees.

Belangstellendes kan hennie.mouton@goggaconnect.co.za kontak vir bestellings.

 

 

 

 

 

Relevant to the Times / Relevant tot die tyd waarin ons leef

...........................................................................................................................

Shadows of the Beast (Jacob Prasch)

Description

"How the identity of the coming Antichrist will be revealed to the faithful Church". Jacob has produced a completely unique book on the Antichrist whose twenty or so chapters are organized into six major parts:

 

Part One:               The Spirit of the Antichrist
Part Two:               The Many Antichrists—Biblical
Part Three:            The Many Antichrists—Historical
Part Four:              The Milieu of the Antichrist
Part Five:               The False Prophet
Part Six:                The Final Antichrist

This is not like so many books which attempt to name a specific person to be named as the Antichrist or to make a case that the ultimate Antichrist can only come from a particular place or background. Scripture teaches us that he will be revealed to the faithful church by Christ, and this work provides the tools and background to accomplish this at the appointed time.

It is highly recommended that this work be read in tandem with The Dilemma of Laodicea, Jacob's book on the seven churches in Revelation which provides a platform of understanding how the spirit of antichrist has been at work during every age of the Church and particularly in this final age characterized by the church at Laodicea.

Table of Content:

Introduction
Preface
Prologue
The Great Myth
Part One: The Spirit of the Antichrist
Part Two: The Many Antichrists - Biblical
Part Three: The Many Antichrists - Historical
Part Four: The Milieu of the Antichrist
Part Five: The False Prophet
Part Six: The Final Antichrist
Addendum
Index

..............................................................................................................................

The Dilemma of Laodicea (Jacob Prasch)

Description

There are "things which you have seen", "things which are", and "things which will take place".

The seven churches of the book of Revelation, which actually existed in the 1st Century ("things which you have seen"), also represent seven broad types of churches that can exist at any time in history ("things which are"), and seven generally overlapping periods of church history ("things which will take place"). These letters to the seven churches of Asia can be applied in four main ways:

This book examines the history of the church in light of the letters of Jesus Christ to the seven churches in Asia, as recorded by John in his Revelations. Unless learning can be achieved from the errors of the past it is a sure thing that those errors will be repeated.

For many other titles, kindly contact Chris/Dave Royle

Orders: (Tel) +27 11 730 1719 / (Cell) +27 82 373 9297

Chris Royle: morielmissionscollege@gmail.com

Dave Royle: moriel.david@gmail.com or thelion@mweb.co.za

www.moriel.org / www.ebyown.org.za

PO Box 10807, Strubenvale, 1570

Books by Andrew Murray

Copyright: Christian Classics Ethereal Library

Description: The following papers were in substance delivered by the author in a series of addresses at the Northfield Conference of 1895, but later rewritten and revised by him for this permanent and authorized publication.

Master's Indwelling (Pdf)

Books and Charts

Clarence Larkin

Oswald Chambers

Dave Hunt

General / Algemeen

Foxe's Book of Martyrs >>>

Recommended Bibles:
New American Standard Bible (NASB)
Ou Afrikaanse Vertaling, Bybel (AOV)
(Available electronically on E-Sword)

Commentaries:
Keil and Delitzsch
Jamieson, Fausset and Brown
Matthew Henry's Commentary on the Whole Bible
John Gill's Exposition of the Entire Bible
(Available electronically on E-Sword)

Concordances and Dictionaries:
Strong's Hebrew and Greek Dictionaries
Vine's Dictionary of New Testament Words
Brown-Driver-Briggs Hebrew Definitions
New American Standard Exhaustive Concordance
Webster 1828 Dictionary
(Available electronically on E-Sword)

e-Sword Home

Additional information: Lifestyle C is based in Pretoria (Gauteng), South Africa - We can accommodate any client(s) for requested lifestyle sessions at a venue that is convenient for both parties. You can contact Danie Strydom for professional life coaching and alignment.

[ Back to top ]