Letters and Comments / Briewe en kommentaar
Opgestaan >>, RSG en Hier Staan Ek >>, ʼn Ánder brief aan die kerkdeur >>, My brief teen die kerkdeur >>, Petisie nav NGK Algemene Sinode 2011 >>, Plaas die Algemene Sinode van 2011 onder die Kerklike Tug! >>, Beswaardes eis getrouheid aan Bybel >>, Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika borg Kruis en Dwars >>, RSG; Kruis en Dwars >>, Ope Brief: Die N.G. Kerk gaan sterf >>, What does God think of us >>, Fundamentalisme? Nee, vrysinnigheid! >>, Die Trojaanse Perd in die NG Kerk >>, Ds. Izak du Plessis >>, Spangenberg >>, “TEO” >>, Griffel Media >>, Neels Jackson en Julian Müller >>, Anton Pienaar >>, SMS’e aan Beeld >>, Kerkbode Aanlyn >>, Kletskerk >>, Abel Pienaar >>, Daniel Louw >>, Skakels na “TEO” en “Kletskerk” >>, Die Liberale Webwerf “TEO” >>, Gerda de Villiers >>, Verklaring van NG Kerk Doornkloof oor Grense en Saambly >>, Waar is die ware Leviete >>, NG Kerk >>, Danie Strydom >>, Trojaanse perd en die NG Kerk >>, Dr. Hennie Mouton >>, Daniel Louw >>, Ek is kwaad, daarom bid ek, Daniel Louw >>, Sarel van der Merwe >>, dwaling op die Teologiese front >>, Skepping vs Evolusie >>, Dr. Henrietta Klaasing >>, Anna Louw >>, ANC en offers aan die voorvaders >>
Opgestaan: Verhoor van ’n Student oor “oneerlikheid” wat lei tot sy “ewige” skorsing…
- persoonlike indrukke van Ds Chris Visser oor Ferdie Mulder se boek: Opgestaan – 30 Desember 2011
1. Lees van die boek: OPGESTAAN van Ferdie Mulder
Wat ’n boeiende en spannende boek, wat duidelik en onverskrokke getuig van dit waarvoor die skrywer staan! Ek beveel aan dat die Universiteit van Pretoria vir hom ’n ere-doktersgraad daarvoor gee!
Ek het dit in die feestyd gekoop en kon dit net nie neersit nie. Kersdag was vir my die dag van grootste teleurstelling, toe ek die boek klaar gelees het en terugskouend daaroor moes besin.
Die boek het baie emosies losgemaak. Ek het agterna vir Ferdie op Facebook geskryf:
“Ferdie, vandag op Kersdag jou boek “Opgestaan” klaar gelees ... was voorwaar 'n boeiende spanningsverhaal, beter as Deon Meyer op sy beste. Ongelukkig is dit nie fiksie nie! Ek sê voorlopig dankie. Ek haal my klein hoedjie vir jou af. Ek is tans besig om daaroor te besin; sal graag later 'n mening oor dit alles wil skryf. Skokkend, hartseer, moedeloos, teleurgesteld, kwaad … dis alles emosies waarmee ek moes handel. Tans wil ek net sê: ek is seker die Here het jou deur die spesiale pyn-ervaring geneem met 'n doel. Hy gaan jou nog daardeur gebruik in Sy Groter Plan. Hy doen dit reeds. Bly net nederig gehoorsaam en beskikbaar vir Hom, Seënwense vir Kersfees!”
Ook my vrou, Sterna, het die boek na my gelees. Sy was ook vasgenael tot die einde … en het agterna die volgende woorde gebruik: Verraad in die binnekring! Subtiele aanslag op ons geloof!
...........
7) Ten slotte, dink ek dankbaar terug aan die meeste van my dosente van 1978-1981
Professore Frikkie Botha, Andre du Toit, Johan Heyns, Prinsloo en Van Zyl; Nooit het ek enige twyfel-uitsprake oor Jesus, sy maagdelike geboorte of sy liggaamlike opstanding van enige van hulle gehoor nie; Inteendeel … hoeveel vaste rotse het hulle my nie geleer om op te staan nie, liefde vir die Skrif, wat my met geloofsmoed gevul het om my bedieningspad as predikant enduit te loop… Dankie! Ek eer julle!
Christus het waarlik opgestaan!
Chris Visser VDM
Lees die volledige artikel hier
Opgestaan - Resensies
Resensie van Ferdie Mulder se opspraakwekkende boek "Opgestaan" deur Professor Johan Janse Van Rensburg van Bloemfontein - 2 Januarie 2012
“Teologiese student geskors!” Dit het skokgolwe deur die N.G. Kerk gestuur. “Iets drasties, radikaal, skandelik moes gebeur het wat tot ‘n teologiese student se skorsing gelei het”, was die algemene gevoel. Die gebeure tussen 2001 en 2006 by die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria word in hierdie nuwe boek van Ferdie Mulder uitvoerig beskryf.
In die voorwoord het Ferdie sy intensies met die skryf van die boek breedvoerig bespreek. Sy teologiese stryd tydens sy teologiese opleiding het duidelik tot konflik gelei- interne konflik oor wat hy as leerstellige afwykings by sommige teologiese dosente waargeneem het en eksterne konflik met die betrokke dosente, die kuratorium en die Fakulteit. Die boek gee sy weergawe van die gebeure wat tot sy skorsing aanleiding gegee het.
Ferdie skryf nie uit bitterheid nie. Dit is ook nie sy doel of begeerte om die konflik weer te laat opvlam nie. Dit gaan vir hom oor sy onwrikbare geloof in die werklike opstanding van Jesus Christus. Sy erkenning dat die beskrywing van gebeure eensydig mag wees, toon sy gesindheid. Hy bely selfs dat hy tydens sy studie aan Durham en Cambridge Universiteit tot die insig gekom het dat hy meer genuanseerd moet dink en skryf en dat hy ook by dié met wie hy tydens sy teologiese opleiding verskil het, insigte kon leer. Hierdie gesindheidsverklaring is uiters belangrik en bied die skrywer aan as die konteks waarbinne die boek geskryf is en gelees moet word. Wie dit nie lees nie, sal maklik tot die gevolgtrekking kom dat Ferdie “net weer probeer moeilikheid maak ”.
Was dit wys of nodig om die gebeure rondom sy skorsing te boek te stel? Wie sou hom kon kwalik neem? Hy het die ergste skande oorgekom wat enige teologiese student kan vrees- hy is geskors en verbied om ooit weer aan die Teologiese Fakulteit (Pretoria) te studeer! Hy moes sy droom om predikant in sy geliefde N.G. Kerk te word, as gevolg van die skorsing laat vaar. Mense het daarvan gehoor en gelees en hulle opinie gevorm oor wat werklik gebeur het. Die outeur het nooit die geleentheid gehad om sy verhaal in die openbaar te vertel nie. As die boek nie verskyn het nie, sou die gebeure eenvoudig in die lug gehang en in die vergetelheid verdwyn het.
Toegegee, dit is nie ʼn boek vir elke leser nie. Nie almal sal in die teologiese intriges belangstel nie. Maar die boek is tog lesenswaardig om ʼn paar redes. Ferdie skryf onderhoudend en poog om so gedetailleerd as moontlik te wees in die beskrywing van gebeure. Daarom lees die vertelling soos ʼn dramatiese verhaal. Dink net, ʼn teologiese student in opstand teen sy dosente! Dis mos die materiaal waarvan rolprente gemaak word. Vir oningeligtes mag die teologiese debatte dalk moeiliker wees om te volg. Dit is egter nie só ingewikkeld dat die strekking van die diskoers nie gevolg kan word nie.
Soos die verhaal ontvou, is dit duidelik dat die outeur werklik uit oortuiging skryf en nie uit weerwraak nie. Sy motief is deurgaans duidelik- om Skrifgetroue leersuiwerheid in die N.G. Kerk terug te bring. Juis hierin lê die waarde van die boek. Met die deurlees daarvan word ʼn aantal waardes baie duidelik op die voorgrond gestel. Allereers sal elkeen wat dit lees en die Here se Kerk liefhet, bid dat so iets nooit weer sal gebeur nie. Die boek laat jou met die sterk gevoel dat dit nooit moes gebeur het nie, dat sake na beide kante ook anders hanteer kon word. Verder word die huidige debat oor leerstellige suiwerheid in die Kerk, ʼn wêreldwye diskoers inderdaad, oopgevlek. Die huidige tendens om in die viering van diversiteit die diskoers só oop te maak dat alle standpunte en uitsprake (selfs dié wat die kern van die evangelie aantas), te akkommodeer, het in die verhaal van hierdie boek reeds sy wrange vrugte getoon. As die Kerk nie hou by haar eie geskrewe belydenis nie, moet ons verwag dat nog meer lidmate en predikante “opstandig” sal word, natuurlik met bitter gevolge wat die Kerk eenvoudig nie kan bekostig nie. Die boek toon ook hoe belangrik dit is dat die kerk oor belangrike leerstellige verskille verdraagsaam en openlik sal praat. Hieroor is ‘n indringende gesprek nodig aangesien al hoe meer vreemde uitsprake in die openbaar gemaak word wat duidelik met die Skrif verskil en groot verwarring onder lidmate bring.
Die boek word aanbeveel vir almal wat meer sou wou weet oor die verloop van gebeure. Natuurlik is ʼn oop gemoed nodig. Dit vra die outeur trouens ook. Immers, nie hy of dié teen wie hy “opstandig” was, sal wil voorgee dat hy/hulle presies die volle waarheid weet nie.
RSG en Hier Staan Ek
Die RSG program 08:00-09:00 op 27 Desember 2011 het betrekking
Lynette Francis, Piet Muller en Izak du Plessis (oud-predikant verbonde aan NG kerk Valleisig)
Lynette,
Ek neem aan dat jy Pa-staan vir die program van vanmôre.
Ek hoop dat jy sal sorg dat iemand wat ten minste in die Here glo repliek kan lewer. Hierdie dwaalsterre sleep mense weg van die Here af en daar is mense wat hulle help!
As jy 'n Christen is hoop ek dat jy hulle dalk van die lug af die Evangelie probeer verduidelik!
Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Heb 6:2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
Heb 6:3 En dit sal ons doen as God dit toelaat.
Heb 6:4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
Heb 6:5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
Heb 6:6 en afvallig geword het--om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
Heb 6:7 Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.
Heb 6:8 Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking--die einde daarvan is verbranding.
ʼn Ánder brief aan die kerkdeur
– ’n Poging tot kommentaar op Nico Geldenhuys se 5/11/2011 BY artikel (“My brief aan die kerkdeur”)
Deur Ferdie Mulder
15 November 2011
Cambridge
Lees Volle artikel >>>
“My brief teen die kerkdeur” in Die Burger en By het betrekking
Ek pleit weereens vir ten minste 'n geleentheid vir repliek wat net so groot sal geplaas word soos wat Nico Geldenhuys se stuk geplaas is. Ek doen 'n beroep op goeie joernalistiek en 'n skoon gewete voor die Here asseblief. Julle kan sekerlik nie toelaat dat hierdie tipe opinie sonder repliek staan nie.
Daar is baie Christene in Suid-Afrika wat darem nog glo in die Bybel as die Woord van God. Ek hoop dat Nico weer die Here kan vind. As jy weg beweeg van die Woord van die Here dan beweeg jy weg van Hom af. Bekeer jou na Hom en jy sal vrede vind al storm dit om jou!
1 Johannes 2:3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.
1 Johannes 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
1 Johannes 2:5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
Petisie nav NGK Algemene Sinode 2011 >>
Hierdie petisie beoog om 'n beroep op NG Kerk-leiers te maak om getrou te bly aan die Woord van God.
Vir meer inligting, kyk: Wat elke NG-Lidmaat behoort te weet en Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite.
Ons, die ondergetekendes, gee hiermee ons algehele ontevredenheid te kenne teen die dwaalleer in die NG Kerk, die stilswyende kondonering daarvan, en die bevordering daarvan in sommige gevalle......
Ons verwag dus ’n hartsverandering terug na God en Sy Woord, tot Sy eer alleen: U Woord is die waarheid (Joh. 17:17).
Neem deel aan die Petisie >>
Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite >>
Wat elke NG-lidmaat behoort te weet >>
Petisiebladsy >>
Plaas die Algemene Sinode van 2011 onder die Kerklike Tug!
Sondag, 16 Okt 2011
Aan: Die onderskeie ringe van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat deelgeneem het aan die pas afgelope Algemene Sinode van die NG Kerk.
1. Aansoek dat die leraars van die ring wat deelgeneem het aan die Algemene Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk van 2011 ondervra word en indien dit blyk dat hulle vir die ondergenoemde resolusie gestem het, hulle onder Kerklike Tug geplaas word.
2. Aansoek dat Dr Ben du Toit van die Wes en Suid Kaapse Sinode onder Kerklike Tug geplaas word.
Beswaardes eis getrouheid aan Bybel
Rapport, 2011-10-08 23:43
Marlene Malan

Mnr. Louis le Roux van Benoni besig om van die plakkate teen lamppale naby die sinodesaal op te sit.
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Beswaardes-eis-getrouheid-aan-Bybel-20111008
Die NG Kerk is op ’n “dwaalpad”, meen ’n groep van sowat 50 “bekommerde, besorgde Bybelgetroue NG lidmate” wat beoog om by die NG Kerk se algemene sinode met plakkate te betoog.
Dié sinode begin môre in Boksburg. Die beswaardes meen die kerk predik toenemend ’n “sosiale teologie” wat méér humanisties as Bybelgetrou is. Hulle het aan Rapport gesê hulle probeer “om die NG kerkleiers so ver te kry om al die vals leerstellings wat subtiel die kerk ingesypel het, te repudieer”.
Die groepie meen die gesag van die Bybel word toenemend afgebreek. Van die besware handel oor die ontkenning van die Bybelse skeppingsverhaal, die ontkenning van die sondeval en bestaan van die duiwel, asook die ontkenning van die maagdelike geboorte en die Godheid van Jesus.
Mnr. Danie Louw, ’n chemiese ingenieur van Secunda, sê “teologiestudente word vandag subtiel geleer dat die Bybel nie betroubaar kan wees nie, want die ‘wetenskap’ het die Bybel kwansuis verkeerd bewys”.
“Ek praat van dinge soos Genesis 1, Jesus se wonderwerke, die maagdelike geboorte, sy opstanding, en redding slegs deur Jesus. Baie studente val hiervoor. “Ons word fundamentaliste genoem en daarvan beskuldig dat ons nie mense ruimte gee om te twyfel nie. Dis heeltemal onwaar.”
Volgens dr. Wynand Louw van Melkbosstrand “is daar dinge wat my in die NG Kerk ontuis laat voel. Kerkbode dra artikels wat teologie verkondig, wat eenvoudig nie die Evangelie is nie”.
“Basiese grondwaarhede word onder verdenking geplaas. Ek wil niks met die sogenaamde bevrydingsteologie te doen hê nie.”
Sommige binne die NG Kerk “stuur Christene reguit hel toe deur gelowe gelyk te stel,” sê mnr. Danie Strydom van Pretoria.
Mev. Anna Louw van Ladybrand sê: “Besorgde lidmate voel die NG Kerk het verraad gepleeg teenoor die Here tydens die parlementêre voorlegging oor die Wet op Burgerlike Verbintenisse.”
Van die groep beswaardes was betrokke by die skryf van die boek Die Trojaanse perd wat die NG Kerk kritiseer oor die koers wat hy inslaan. Hulle noem hulself “die lidmaatforum”.
Dié boek is uit NG Kerk-geledere sterk gekritiseer.
Kommentaar op die berig deur Danie Strydom:
2011-10-09
Die kritiek op Die Trojaanse perd in die NG Kerk kom van mense wat te slap is om op te staan vir die Woord van die Here.
Die tyd het laat geword om terug te keer na die Waarheid. Daar kom 'n tyd dat jy nie meer sal kan terugkeer nie!
Ek hoop en bid dat die tyd nog nie aangebreek het vir die NG Kerk nie.
Fundamentalisme? Nee, vrysinnigheid!
2011-03-19
Johan Janse van Rensburg
Dr. Frits Gaum se uitlatings op die Woordfees oor die NG Kerk (soos berig in verlede week se Rapport) is om verskeie redes ’n teleurstelling.
In ’n boek wat hy binnekort publiseer, stel hy die vraag: “Fluit-fluit, is die NG Kerk dalk uit?” Hy meen dat die NG Kerk drasties sal moet verander, anders gaan hy nie die wederkoms beleef nie! Hy wys daarop hoe die kerk in Europa gekwyn het en vra of die kerk onder Afrikaanse mense dieselfde pad gaan stap. Dit is veral die kerk se fundamentalisme wat tot sy ondergang gaan lei.
Gaum speel die fundamentalisme-kaart op dieselfde wyse as wat die regering deesdae die raskaart speel. Hy sê nie na watter van die minstens drie verskillende vorms van fundamentalisme hy verwys nie. In elk geval het die kerk waarna hy verwys deur die seisoen van luister en die diversiteitsforum die ruimte geskep om na mekaar te luister sonder om van etikette gebruik te maak.
Die beskuldiging van fundamentalisme hoort werklik nie in die kerklike diskoers nie.
Die willekeurigheid waarmee hierdie soort kritiek teen die kerk bedryf word, is elke keer opsigtelik. Sekere Skrifgedeeltes wat nie vir iemand aanvaarbaar is nie, moet metafories, simbolies of figuurlik interpreteer word.
Maar ander Skrifgedeeltes wat weer in die paradigma van die persoon pas, word dan letterlik aangehaal.
So ’n willekeurige Skrifgebruik kan eenvoudig nie aanvaar word nie. Wie bepaal watter Skrifgedeeltes letterlik en watter metafories verklaar word en volgens watter maatstawwe? In die verlede het die onderskeie genres van die Bybel hierdie onderskeid help tref. Psalms is digterlik; apokaliptiese geskrifte verwys na die werklikheid op ’n metaforiese wyse; ensovoorts. Maar deesdae bepaal elke individu sélf wat metafories is. Wie dit nie só verstaan nie, is dan sonder meer fundamentalisties.
Terloops, dit is nie fundamentalisme wat die kerk bedreig nie, maar vrysinnigheid. Dit word gewoon bewys daardeur dat denominasies met ’n “fundamentalistiese” verstaan van die Skrif in getalle toeneem. Talle lidmate gaan juis na sulke kerke; weg van ’n kerk wat nie meer vaste geloofsoortuigings verkondig nie.
Daarom gaan Gaum se verwysing na kerke in Europa se agteruitgang ook nie op nie. Dit is nie “fundamentalisme” wat tot hierdie kerke se stryd om voortbestaan aanleiding gegee het nie, maar vrysinnigheid! Die moderne teologie wat so hoog aangeskrewe is, was 35 jaar gelede die rede waarom kerke in Europa gesluit en vir sekulêre doeleindes verkoop is. Wie wil nou deel van ’n kerk wees wat van niks meer seker is nie?
Gaum meen die NG Kerk sal moet leer om minder seker te wees. Die kerk moet meer erns met twyfel en onsekerheid maak, beweer hy. As voorbeeld van ’n onaanvaarbare sekerheid verwys hy na dr. Isak Burger se boek oor die eerste vyf minute ná die dood. Maar dr. Burger is mos nie ’n lidmaat van die NG Kerk nie! In elk geval sal Gaum hopelik in sy boek verduidelik waarvan ons wél seker kan wees.
Of is daar niks waaroor ons meer seker kan wees nie?
Is Jesus die enigste Verlosser?
Gaum sê dat hy dit aanvaar, maar verklaar dan dat ons nie kan sê dat ander verlore gaan nie. Nee, niemand mag dit sê nie.
Die feit is egter dat die Skrif dit sê. Natuurlik sal die aanhaal van Bybeltekste juis as fundamentalisme verwerp word. Op grond waarvan aanvaar Gaum dan dat Jesus wél die enigste Verlosser is? Op grond van tekste wat hy self “fundamentalisties” hanteer!
In my boek met die titel ’n Ander Jesus; ’n ander evangelie, wat min of meer dieselfde tyd as Gaum se boek sal verskyn, weerlê ek die leuen van ’n relativisme wat ons alle sekerheid in Christus wil ontneem. Hierdie populistiese beskouing groei uit die vernietigende ideologie van die postmodernisme, die New Age en die Emerging Church. Ironies genoeg kritiseer Gaum met groot sekerheid die sekerheid waarmee die kerk getuig. Hy mag dus seker wees, maar die kerk nie? Dit herinner aan die ironie van die postmodernisme wat met absolute sekerheid verklaar dat daar geen absolute sekerheid is nie!
Gaum verwys natuurlik ook na die kerk se besluite oor homoseksualiteit. ’n Mens kan dit begryp. Die vraag is net of sy persoonlike worsteling met die kerk se veroordeling van homoseksualiteit nie juis die leitmotief vir sy aanval op die NG Kerk is nie? Hy sê in die onderhoud immers dat daar eers goed in sy lewe moes gebeur het wat hom tot ander insigte gebring het. Dit word dan ’n soort ervaringsteologie wanneer jou eie ervarings jou persepsies vorm en nie die Bybel as Woord van God nie.
Sou, volgens hierdie norm, die hartseerverhale van verkragters en molesteerders nie dan ook ’n verandering van Skrif-verstaan teweeg bring nie?
Gaum se kritiek teen die NG Kerk staan ongelukkig op losse skroewe. Dit is jammer dat hy nie sy standpunte deur middel van ’n gravamen na die komende algemene sinode gestuur het nie.
Waarom deur middel van openbare kommunikasie kritiek teen die kerk uitspreek? As die NG Kerk, wat hy as skriba van die algemene sinode en as redakteur van Kerkbode gedien het, nog werklik vir hom belangrik is, waarom dan die golf ry van ’n populêre tendens om die NG Kerk uit te sonder en veroordeel.
* Prof. Johan Janse van Rensburg is buitengewone professor aan die Noord-Wes Universiteit.
What does God think of us?
Kommentaar op SABC 2 se “What does God think of us?”, “Literal Interpretation” 22 Mei 2011 om 8:30
Deur Daniel Louw >>>
Aan die begin van die program sê die vroulike verteller: “There seems to be a selective belief when it comes to stories in the Bible. We have no problem seeing the Bible story of creation as a myth and even that of the burning bush and the parting of the Red sea, but when it comes to the birth of Christ, His death on the cross and the resurrection, we blindly except a literal interpretation. Where do we draw the line? What is truth and what is myth?”
Hiermee word die presiese probleem met die geloofwaardigheid van die Bybel in die kollig gestel: As jy sommige gedeeltes van die Bybel nie wil glo nie (soos Gen 1-11) waarom sal jy die res glo? Watter kriteria sal jy aanwend? Kyk Creation: Why It Matters.
Stryd deur Anna Louw van Ladybrand om Pornografiese skakels van Kerkbode Aanlyn se webtuiste te laat verwyder.
Dit het eendag toevallig onder my aandag gekom dat op Kerkbode Aanlyn (KBA ) se webwerf by Multimedia in Beeld Argief se Bybelmedia video’s, ook pornografiese video’s beskikbaar was.
Sodra op enige van die Bybelmedia video’s geklik word bv. "Lig op waardes " verskyn ongevraagde pornografiese video’s van “Youtube”, direk langsaan in hul perverse verskeidenheid.
Blykbaar kon daar niks aan gedoen word nie aldus die redaksie van Kerkbode. Wat my onstel het, is dat daar geen toesig of beheer daaroor was nie. Dit was vir my totaal onaanvaarbaar op ʼn Christenpublikasie wat die mondstuk is van die NG Kerk.
Dit het toe gebeur dat dr Jan Botha van die Diversiteit taakspan vroue uitgenooi het om aan die Diversiteit-Forum deel te neem by die NGK webwerf gedurende Vrouemaand (Augustus). Hy het ook verwys na die beskrywingspunt van die Wes-Kaapse Sinode oor geweld teen vroue, pornografie, mishandeling ens.
Die saak is verwys na die Algemene Sinode. Die Algemene Sinode in Oktober wil hul uitspreek teen geweld teen vroue !!
Agendapunt 12.6
"In die lig van die ernstige kommer oor die geweldige hoë voorkoms van geweld en seksuele geweld teen veral vroue en kinders in die Suid-Afrikaanse samelewing, en dat pornografie en seksuele stereotipering van vroue ʼn groot bydrae tot die probleem lewer, spreek die Algemene Sinode sigself ten sterkste uit teen alle vorme van pornografie en materiaal in die media wat mense, veral vroue en kinders, degradeer of seksueel uitbuit. "
Ek het dit per brief op Diversiteit-Forum aangespreek in die lig van die Wes-Kaapse Sinode standpunt wat na die Algemene Sinode sou gaan. Intussen adverteer KBA (Kerkbode Aanlyn) Bybelmedia video’s in sy argief en daarmee saam die ongevraagde pornografiese video’s.
Waarom is daar nie ʼn waarskuwing vir sensitiewe lesers / kinders nie veral in die lig van bg. Sinodestandpunte? Die kerk moes eers voor sy eie deur vee ! ʼn Rekenaarkundige het my brief gelees op Diversiteit-Forum en met ʼn goeie voorstel gekom.
Kerkbode redaksie onder leiding van Adri-Louise van Reenen het die voorstel aanvaar en geïmplementeer. Daar is beslis ʼn verbetering met die Bybelmedia video’s, waarvoor mens baie dankbaar is.
Sou iemand egter op van die Kerkbodes in die argief klik, kom daar steeds pornografiese video’s deur op party uitgawes. Slegs een pornografiese video is voldoende om aan diegene wat die Multimedia in beeld - argief besoek toegang te gee tot pornografie.
"Dit werk baie goed want dit is mos nou by Kerkbode en niemand sal snuf in die neus kry by multimedia in beeld - argief daaroor nie." Dis is baie jammer en mens hoop regtig dat die kwessie met die Kerkbodes in die argief ook aangespreek sal word. Die prys wat betaal word vir geweld teen vroue en kinders in ons land is net te hoog.
Vir my as Christen is dit onaanvaarbaar om vertoë te rig tot Christenleiers om pornografie te verwyder van ʼn Christen publikasie. Ek wonder nog steeds wat is die regsimplikasies van hierdie toegang wat KBA bied tot pornografie?
Is hierdie situasie vir kerkleiers aanvaarbaar en gaan hul iets hieromtrent doen in die lig van Sinode agendapunt 12.6?
Die Here se eer is op die spel en Christene se integriteit.
Anna Louw
Die Trojaanse Perd in die NG Kerk
– die kanker van evolusie en liberalisme >>>
Boek ‘kwaadwillig’ wat NGK kap oor Bybel
deur Neels Jackson het betrekking;
“ ʼn Kwaadwillige stofopskoppery.” Kan jy nou meer! Weereens tipiese joernalistiek van Neels Jackson!
Die beswaar is al tot vervelens toe geopper vir Dr. Gerber se inligting maar hulle weier om notisie te neem!
Dr. Johann Ernst is reg, dit het gegaan oor ’n gevaar waarvan die stad nie bewus was nie in die verhaal oor die Trojaanse perd. Dit lyk vir my maar baie simbolies van ons status quo!
Die manne wat moet waarsku sit met ’n mond vol tande en grom vir die wat sien wat aangaan en beswaar aanteken.
Sonder gesonde leer het jy nie gesonde praktyk nie.
Danie Strydom
Kommentaar oor Trojaanse Perd-boek op Glo die Bybel .co.za >>>
Die Trojaanse Perd is binne! 2010-06-14
Ds. Izak du Plessis en sy selferkende dwaling in sy afskeidspreek asook die NG Kerk se dreigende Herderloosheid in Rapport het betrekking.
Dat Du Plessis hom met Job durf vergelyk en dan nog die konteks omgooi verstom my nie eers nie.
Job was regverdig, Du Plessis dwaal soos hy tereg sê.
Hy glo nie die Woord van God nie en sy taalgebruik klink vir my darem baie na dit wat ons geagte Professore aan “die” teologiese fakulteit so gereeld besig!
“Dit het daartoe gelei dat ek op 21 klagtes van leer en lewe voor die Ring van Faerie Glen moes gaan verantwoording doen.
Ek is onskuldig bevind op 19 en skuldig aan twee.”
Hulle is tog altyd so onskuldig. Ten minste het hy die moed om te loop en hopelik kom hy tot bekering vir sy eie onthalwe en vir die wat so dwaas is om na hom te luister
Wat ʼn dilemma sit ons nie mee nie. Die kerk het nie meer herders oor nie en dan sit ons met die klas van mense tussenin.
Dis te verwagte as ons na die teologiese opleiding kyk en sekere elemente daar beoordeel.
Keer terug na die Woord van God!
Hierdie situasie van Du Plessis is ten minste baie duidelik.
Die Ontluikende Kerk se problematiek neem bietjie meer onderskeidingsvermoë. Sal ons wakkerskrik, dit is reeds baie laat?
Die water waarin die padda sit is reeds aan die kook!
Mag die Here ons help.
Du Plessis sê:
“Liewe gemeente, ons almal dwaal maar in die geloof, as ons eerlik wil wees.
Elkeen van ons is maar gedurig op afdraaipaadjies terwyl ons na die Huis soek.
As gevolg van my afdraaipaadjies, het ek besluit om te bedank.
Ek is ongemaklik met konsepte soos die hemel en die hel.
Ek sukkel met begrippe soos maagdelike geboortes, opstandings en hemelvaarte.
Kortom: in die lig van ons kerk se belydenisskrifte is ek inderdaad besig om te dwaal.”
“Luister ’n mens so na Du Plessis, word dit duidelik waarom hy bedank het. In die kerk was daar vir hom te veel dogma en te min deernis.”
Volledige Afskeidsboodskap met repliek deur Daniel Louw en ander kommentaar
Kerk en Wetenskap deur ds. Gideon Aggenbag (Emeritus).
Geagte Redakteur,
Hierdie brief is van die allergrootste belang.
Ek is uiters bekommerd oor die huidige rigting van sg. “teologiese” uitsprake. Daarmee saam wonder ek hoeveel gewone NG Kerk-lidmate daarvan bewus is – terwyl dit hulle wesenlik raak. Ek noem enkeles:
Die evolusiehipotese (hierna “evolusie”) druis lynreg teen die Woord van God in. Die een maak van die ander ‘n leuen. Evolusie is gefundeer op die teorie van spontane verwekking (“spontaneous generation”) nl. dat lewe vanself uit dooie materie ontstaan het. Louis Pasteur e.a. het hierdie teorie alreeds meer as 100 jaar gelede verkeerd bewys. Die Bybel leer dat pyn, lyding en die dood in die wêreld gekom het a.g.v. die mens se sonde. Daarteenoor verkondig evolusie dat die mens uit ‘n eenvoudige organisme ontwikkel het. Daar was dus geen sondeval nie, gevolglik is Jesus Christus nie nodig nie, en is daar derhalwe ook geen eind-oordeel nie.
Gedurende Junie 2009 het die moderatuur van die NG Kerk se algemene sinode hulle amptelike standpunt oor evolusie geformuleer, soos berig in die Kerkbode. Die gevolgtrekking wat daarin gemaak is, is dat die moderatuur geen probleem het dat evolusie in skole gedoseer word nie en dat hulle dit aan lidmate oorlaat om self te besluit of hulle evolusie wil ondersteun of nie. Verder ken die moderatuur onregmatig die status van “wetenskap” aan evolusie toe, terwyl dit slegs teorieë / hipoteses is.
Die moderatuur beweer ook dat “die komplekse aard van al die wetmatighede waarbinne hierdie proses van skepping plaasgevind het ... nog steeds funksioneer en ontwikkel...”. asof God in Sy skeppende almag nie ook die wetmatighede vasgelê het nie.
Kan ons kerkleiers en teoloë vertrou?
George Claassen het onlangs by die UP Teologiese Fakulteit (UPTF) se openingsdag as gasspreker opgetree. Claassen is 'n uitgesproke ateïs en evolusionis wat hom in 2009 beywer het vir die nie-onderrig van godsdiens op skool.
In sy artikel, "Ateïs hoofspreker by openingsdag van UP teologie", op Kerkbode-aanlyn, vind dr. Hennie Mouton dit uiters vreemd dat 'n uitgesproke ateïs en evolusionis as hoofspreker genooi is vir die UPTF se openingsdag.
Tot Mouton se ontsteltenis het twee teologie-professore laat blyk dat hulle nié van Claassen verskil nie. Een professor het selfs gesê: "Genetika is die doodskoot vir God, waarop die teologie nog antwoorde moet vind"; dit terwyl Claassen gesê het "...dat moderne wetenskaplikes, onder andere Charles Darwin, groter gesag as die Heilige Gees het." Is dit nie godslasterlik nie? (Sien Matt.12:31)
Mouton vra tereg: "Was die effek van dié geleentheid dus tot opbou of afbreek van die Christelike geloof? Het George Claassen enige oproep tot bekering daar ontvang van enige van die teologie-professore?"
Na aanleiding van 'n berig in Beeld (05.02) - ook in Die Burger(06.02) onder die opskrif "Ateïstiese predikant mag in sy amp aanbly" - oor ds. Klaas Hendriks van Nederland wat beweer: "God is vir my geen wese nie...", vra Mouton "...of die teologie, en spesifiek die NGKerk se teologie, nie op dieselfde pad is nie."
Dit wil so voorkom indien jy na die Moderamen se standpunt van 21-22/06/2009 oor evolusie verneem waarvolgens hulle evolusie as "wetenskap" erken, dit goedkeur dat dit in skole onderrig word, en dat lidmate vir hulself - sonder leiding van die kerk - daaroor moet besluit. Is dit die optrede van kerkleiers en teoloë op wie lidmate kan vertrou?
Dr. T.C. Breitenbach
Brand van Zyllaan 13
UITENHAGE 6229
Tel. No. 041-9661580
Wat het Spangenberg, “TEO” Teologiese Fakulteit van Tuks se webwerf, Griffel Media, Kerkbode Aanlyn, Neels Jackson en Julian Müller en vriende in gemeen? (Aan Rapport, Beeld en Kerkbode gestuur).
Lees verder
Spangenberg se Jesus sal sommige lesers skok van Johannes de Villiers 2009-10-03, in die Boeke bylaag van Rapport, “TEO”, die webwerf van die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria (Tuks), Neels Jackson se verdediging van Julian Müller en vriende asook Kerkbode Aanlyn, het betrekking!
Kommentaar van Anton Pienaar van Kerkbode Aanlyn...
Jou brief is aan meer as een koerant geskryf en na my mening ʼn bietjie venynig.
Anton Pienaar
anton@tydskrifte.co.za
Danie Strydom antwoord...
Anton Pienaar,
Neem gerus die feite in ag. Die joernaliste is veronderstel om objektief verslag te lewer. Wat die teologie en kerksake betref is dit betreurenswaardig om die minste te sê. Ek wens dat daar mense wat werklik glo dat die Bybel die Woord van God is, aangestel sal word om verslag te doen oor die teologie en kerksake!
Vir ons almal se onthalwe in hierdie land. Joernalistiek word darem op ander velde redelik goed beoefen, wat is dan nou hier die probleem?
Danie Strydom
SMS’e aan Beeld
Julian Müller sê steeds na 'n driekwart bladsy in Beeld dat hy nie glo in die fisieke opstanding van Jesus en die leë graf nie. Hy kan dit gerus in een sin sê!
Kerkbode Aanlyn?!
Die Redakteur Kerkbode Aanlyn,
2011-09-18
Diversiteit of Sekularisasie?
Dis nou vir my baie amusant dog hartverskeurend!
Ek gaan kyk waaroor die bohaai gaan rondom Kerkbode Aanlyn en die beskuldigings rondom verskeie sake wat aan hul toegedig word.
Boeke wat aanbeveel word sê gewoonlik baie van jou vertrekpunte en sentimente!
Kan jy nou meer, Abel Pienaar se “Saam op soek na God, soeke na 'n eietydse spiritualiteit” pryk sommer heel eerste op die webtuiste as aanbevole boeke.
Dit as aanbevole leesstof vir die gewone gelowige mense wat nog hoop het vir die NG Kerk!
Dit is 'n klap in die gesig, ligtelik gestel.
Kom ons kyk bietjie waar hierdie boek nou bestel kan word. O ja, Griffel / Die Boekblik natuurlik waar jy 'n keuse het tussen
“Saam op soek na God, soeke na 'n eietydse spiritualiteit deur Abel Pienaar”, “Hier staan ek deur wie weet almal”
“Afrikamasutra”, “Dieper as Satan deur Evard Huisamen”, “Die God van Genesis deur Willie Esterhuyse”, “Moffie” of “Pomp”.
Dit alles op Kerkbode Aanlyn se boekverskaffer se hoofbladsy!!
Hier is 'n groot probleem wat julle beter hanteer . Hou tog op om die heeltyd die boodskappers met klippe te gooi!
As jy webtuiste bestuur moet jy verantwoordelikheid daarvoor vat.
Kry eerder jul eie boekverspreiding aan die gang en kry jul eie video’s op julle webtuiste gepubliseer dan sal julle dalk minder aangevat word.
Al sou julle dit doen wonder ek nog ernstig wat sou jul rede wees om Abel Pienaar se “Saam op soek na God, soeke na 'n eietydse spiritualiteit” op jul hoofblad te adverteer!
Het Kerkbode Aanlyn dan 'n sekulêre medium geword?
Dit is 'n retoriese vraag!
Ek verwag nie 'n antwoord nie, julle is 'n antwoord skuldig aan die Here en die mense wat julle webtuiste hoopvol besoek.
2011-09-25
Daar was geen amptelike respons soos verwag!
..............................................................................................................................
“Kletskerk” Webmeester en inhoudsredakteur asook nuusredakteur van Kerkbode Aanlyn: Jean Oosthuizen
Jean Oosthuizen
Hoe kan mens iemand soos Jean Oosthuizen, wat onderstaande self op kletskerk geskryf het, en die webmeester en inhoudsredakteur daarvan is waar ateïstiese en Godslasterlike skrywes gereeld geplaas word, toelaat om enigsins op Kerkbode te dien -- meer nog, nuusredakteur te wees. Dan nog ʼn permanente skakel van Kerkbode Aanlyn daarheen!
Jean sê op Kletskerk:
“Dit is nie maklik om deesdae ʼn Christen te wees nie. Dis eintlik ʼn helse stryd. Om die waarheid te sê ek is van mening daar word ʼn totale aanslag teen Christene geloods. Ek praat nou natuurlik van waarlike Christene soos ek.
Ons word vanuit twee fronte aangeval. Aan die een kant is daar die ateïste wat mens dag en nag peper met allerlei beuselagtige vrae oor goed wat hulle wéét g’n mens die antwoord van ken nie. Nie eers húlle ken die antwoorde nie. En hulle is baie slim. Dan is daar die Roomse gevaar, die Joodse gevaar, die Moslem gevaar, die gay gevaar.... ag dis net gevare waar jy kyk.
Ons goeie gewone Christene gaan rêrig swaar gebuk onder al die gevare.
Maar ons word ook vanuit ons eie kring aangeval. Die spreekwoordelike adder in eie boesem om die fundamentaliste se eie taal te gebruik.
... Een van die nuutste Christelike gril-goed wat ek raakgeloop het, is die nuwe Afrikaanse tydskrif Juig. Dit is nou die Afrikaanse boetie of sussie van Joy. Die ding laat my vuiler voel as wat pornografie kan doen. Om die waarheid te sê wat my betref suig Juig. Dit is niks anders as Christelike pornografie nie. ”
Skakels na “TEO” en “Kletskerk”
Hoe kan Kerkbode skakels op Kerkbode-aanlyn na 'n Godslasterlike webwerf soos Kletskerk en 'n uiters Liberale webwerf soos “TEO” plaas?
Huidige Situasie
Kletskerk het 'n verleentheid geword...
"Die moderatuur van die NG Kerk se Algemene Sinode het opdrag gegee dat alle skakels na Kletskerk op die webbladsye van die NG Kerk en Kerkbode dadelik verwyder word."
Die Godslasterlike Webwerf “Kletskerk”
Webmeester en inhoudsredakteur: Jean Oosthuizen
Epos adres: jean@kletskerk.co.za
Kletskerk
Vir alternatiewe gesprek oor die Kerk, geloof en verwante sake.
Hulle bemark onder andere die Nuwe Hervormers Netwerk van Sakkie Spangenberg en vriende daar by monde van Jean Oosthuizen!
“Die soeke na ’n eietydse spiritualiteit word die einde van die maand tydens ʼn dagkonferensie op 31 Oktober deur die Nuwe hervormings Netwerk in Pretoria bespreek.
Die dagkonferensie word aangebied in samewerking met dr Abel van Niekerk van die NHN se “geestelike arm” die Renaissance gemeente.
Abel sal praat oor “Die evolusie van Spiritualiteit” en ander sprekers sluit in Sakkie Spangenberg, Gerrit Genis en andere. Dr Piet Mulder sal praat oor:
“Evangelie sonder kruis en opstanding. ʼn Ou alternatief ”.
Die konferensie begin om 08h30 en duur tot 16h30. Dit vind plaas by die Santa Sophia Sentrum, Mainstraat 129, Waterkloof, Pretoria en vir meer besonderhede kan Abel gekontak word by...
Dr Abel Pienaar
Indien daar van die besprekings elektronies beskikbaar is sal ek dit na die tyd op Kletskerk plaas vir verdere bespreking.”
Fakulteit Teologie: Pretoria
Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring.
Resensie op “TEO” deur Gerda de Villiers:
“Nuwe Boeke: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg, 2009
Uitgegee deur Griffel Media: Kaapstad
Uiteindelik! Goeie – nee, uitstekende Afrikaanse godsdienstige lektuur op die populêre mark. ʼn Welkome druppel in die leë emmer wat poog om te beantwoord aan die behoeftes van denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges. Van vroom praatjies en vlak teologie het ons genoeg.
... Sakkie Spangenberg se Jesus van Nasaret is ʼn uitstekende aanknopingspunt tussen die dominee met sy/haar goeie verantwoordelike teologie, en die ingeligte soekende lidmate van die gemeente.” (Sic)
Volledige Artikel op “TEO” se webwerf Skakel
RSG
Eerste E-pos gestuur: 25 September 2011
Kruis en Dwars op Rsg van 25 September 2011 het betrekking.
Die situasie tussen die Christelike geloof en Islam is onversoenbaar.
Julle verwar mense!
Die enigste manier wat daar op hierdie mate saamgewerk kan word is as Moslems hulle bekeer na Jesus toe.
Julle stuur hierdie mense reguit hel toe en vervul nie jul sendingsopdrag nie, dit terwille van diversiteit en samewerking.
Mattheus 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Daar is menigte gewese Moslems wat Christene geword het, beslis nie op jul wyse van sending nie!
Christene wat hul bekeer het vanuit daardie geloof word gedood vir hulle geloof. Op ons eie kontinent.
Julle stel Christene se lewens in gevaar en water die Woord af! Wat wil ons nou weet van die Koran af! Mense ken nie eers die Bybel behoorlik nie.
Dit klink so opreg maar julle stuur mense met 'n grynslag tot verdoemenis!
1 Johannes 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
Reg na Kruis en Dwars kom 'n bekendstelling op van die Rooms-Katolieke Kerk asof sou hulle op die pad wees!
Dit raak net al hoe erger en die mistiese wolk wat oor die Liggaam getrek word al hoe duideliker vir die wat omgee!
Waar is die ware herders wat tog die skape sal voed en verdedig teen julle?
Program:
Kruis en dwars Sondag 25 September 2011
Die huidige stand van waardes in Suid-Afrika is vir baie ’n probleem. Hoe kan ons ’n verandering teweeg bring? Johan van Lill gesels met Sheg Najjar en dr. Chris Jones oor hoe verskillende gelowe kan saamwerk om ’n verskil in Suid-Afrika te maak.
Sheg Najjar
Dr. Chris Jones
Ekklesia
*************************
E-pos antwoord gestuur: 27 September 2011
Dankie Danie vir jou epos. RSG is nie 'n christelike stasie nie, maar 'n sekulêre radiostasie wat ook godsdiensprogramme uitsaai, omdat dit deel van ons luisteraars se kultuur is. Godsdiens. Groete, magdaleen, RSG
*************************
My E-pos antwoord aan RSG gestuur: 28 September 2011 en geen terugvoer daarna!
Magdaleen,
Dankie vir die terugvoer.
Ek het net gepraat van die program Kruis en Dwars maar ek verstaan nou beter dankie.
So Kruis en Dwars waar NG Predikant Johann Symington in optree is nie 'n Christelike nie maar 'n godsdiensprogram!
Dit maak vir my nou meer sin as ek kyk na die inhoud en waarmee hul besig is.
Ek sal dit so oordra aan besorgde Christene en die algemene publiek.
Groete
Danie Strydom
............................................................................................................................
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika borg Kruis en Dwars
Eerste E-pos gestuur: 4 Oktober 2011
Borg van die Program Kruis en Dwars op RSG
Geagte Dr Kritzinger,
Hiermee wil ek graag die volgende onder u aandag bring.
Die program Kruis en Dwars op RSG het op 25 September 2011 ʼn gesprek gehad tussen Dr Chris Jones van Stellenbosch en Sheig Najjar, ʼn Imam van die Kaap.
Die standpunt wat daar gegeld het is dat alle godsdienste dieselfde God / god aanbid. Veral verwysende na Islam met die Imam daar.
Die gedagte dat ons broers is en dat ons by mekaar kan leer wie God is, het sterk in die gesprek gefigureer.
Die luisteraars moes stellings soos dat ons "geloofsbure" is aanhoor. Daar is "vonkies van God" by almal en dat God "vonkies van Sy lig" by almal vertoon volgens Dr Chris Jones van Ekklesia, ‘n afdeling van die Universiteit Stellenbosch se Teologiese Fakulteit.
Vooraf is daar afgekondig dat die Bybelgenootskap die program borg. Ek kan nie aanvaar dat die Bybelgenootskap genoeë neem met so ʼn uitgangspunt nie.
Dit is die rede waarom ek die gebeure graag onder u aandag wil bring.
My vraag is dan verder of die Bybelgenootskap van Suid-Afrika dan voorts godsdiensprogramme gaan borg ten koste van Christenskap?
Beswaar is geopper by RSG:
“Die situasie tussen die Christelike geloof en Islam is onversoenbaar.
Julle verwar mense!
Die enigste manier wat daar op hierdie mate saamgewerk kan word is as Moslems hulle bekeer na Jesus toe.
Julle stuur hierdie mense reguit hel toe en vervul nie jul sendingsopdrag nie, dit terwille van diversiteit en samewerking.
Mattheus 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Daar is menigte gewese Moslems wat Christene geword het, beslis nie op jul wyse van sending nie!
Christene wat hul bekeer het vanuit daardie geloof word gedood vir hulle geloof. Op ons eie kontinent.
Julle stel Christene se lewens in gevaar en water die Woord af! Wat wil ons nou weet van die Koran af! Mense ken nie eers die Bybel behoorlik nie.
Dit klink so opreg maar julle stuur mense met ʼn grynslag tot verdoemenis!
1 Johannes 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ʼn versoening vir ons sondes.
Reg na Kruis en Dwars kom ʼn bekendstelling op van die Rooms Katolieke Kerk asof sou hulle op die pad wees!
Dit raak net al hoe erger en die mistiese wolk wat oor die Liggaam getrek word al hoe duideliker vir die wat omgee!
Waar is die ware herders wat tog die skape sal voed en verdedig teen julle?”
Magdeleen Kruger se antwoord was:
“RSG is nie ʼn Christelike stasie nie, maar ʼn sekulêre radiostasie wat ook godsdiensprogramme uitsaai, omdat dit deel van ons luisteraars se kultuur is.”
My antwoord terug aan haar was soos volg en ek het tot nou nog geen reaksie verder gekry nie:
“Magdaleen,
Dankie vir die terugvoer.
Ek het net gepraat van die program Kruis en Dwars maar ek verstaan nou beter dankie.
So Kruis en Dwars waar NG Predikant Johann Symington in optree is nie ʼn Christelike nie maar ʼn godsdiensprogram!
Dit maak vir my nou meer sin as ek kyk na die inhoud en waarmee hul besig is.
Ek sal dit so oordra aan besorgde Christene en die algemene publiek.”
Johan van Lill was aanspreeklik vir die program Kruis en Dwars op die 25ste September 2011.
Groete
Danie Strydom
*******************************
E-pos Antwoord ontvang van Dr Kritzinger : 5 Oktober 2011
Geagte mnr Strydom
Ek verwys na u e-pos van 4 Oktober 2011, die RSG-program Kruis en Dwars verwys en het groot begrip vir u navraag.
Ek wil eerstens beklemtoon dat die Bybelgenootskap geen beheer oor die redaksionele inhoud van die Kruis en Dwars program het nie. Ons verbind ons ook nie noodwendig tot die inhoud daarvan nie.
Dit is die geval met enige advertensie wat geplaas word, óf dit nou in die gedrukte media (sekulêr of Christelike media), óf radio of televisie is. Dit is uit en uit advertensies waarvoor ons betaal ‑ alles met die doel om mense bewus te maak van die Bybelgenootskap en sy werksaamhede.
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ongelukkig nie 'n onbeperkte bedrag geld beskikbaar vir advertensies nie. Ons moet dus kyk waar ons die grootste blootstelling kan kry en ook die meeste van ons ondersteuners en potensiële ondersteuners kan bereik.
Die borgskap van 'n aktuele besprekingsprogram oor godsdiens, soos Kruis en Dwars, oor 'n nasionale radiostasie, soos RSG, het dus vir ons baie groot waarde.
Ons sal egter altyd krities bly kyk na die programme waar die Bybelgenootskap advertensies plaas omdat die Bybelgenootskap uitgesproke is in sy diens aan die Christengemeenskap van Suid-Afrika.
Vriendelike groete
Gerrit kritzinger
uitvoerende hoof
******************************
E-pos Antwoord gestuur: 5 Oktober 2011
Geagte Dr Kritzinger,
Dankie vir u antwoord.
Dit stel my egter nie tevrede nie.
Dit is hoe die advertensie begin:
“Hierdie program word moontlik gemaak met die vriendelike samewerking van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.”
Dit is tog baie duidelik dat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika die program moontlik maak. U het sekerlik 'n sê daaroor of kan andersins aandui of u dit kan bly finansier al dan nie siende die inhoud daarvan.
Ek sal 'n advertensie in die algemeen vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika verstaan, selfs op 'n ander radiostasie. As 'n spesifieke program geborg word dan moet jy tog die inhoud daarvan kan goedkeur!
Dalk moet Kruis en Dwars maar hul eie borge werf. As hulle op hierdie roete bly kan geen Christen hulle borg met 'n skoon gewete nie.
Kruis en Dwars het nou duidelik in iets anders ontaard waarna geen Christen meer kan luister nie.
Ek hoop dat u krities sal kyk na hul aanbieding en u posisie herevalueer, want hulle gaan nie! Daardie program is met die huidige redaksionele inhoud beslis nie in belang van die Christengemeenskap of die Bybelgenootskap van Suid-Afrika nie. Dit is baie gevaarlik.
Gaan luister gerus na die Potgooi van die betrokke aanbieding as u nie na die program geluister het nie;
KRUIS EN DWARS; SONDAG 25 SEPTEMBER 2011
Die huidige stand van waardes in Suid-Afrika is vir baie ’n probleem. Hoe kan ons ’n verandering teweeg bring? Johan van Lill gesels met Sheg Najjar en dr. Chris Jones oor hoe verskillende gelowe kan saamwerk om ’n verskil in Suid-Afrika te maak.
******************************
E-pos Antwoord ontvang: 11 Oktober 2011
Geagte mnr Strydom
Ek neem kennis van u e-pos van 5 Oktober.
Ons gaan ons siening oor die advertensie tydens die program met die vervaardigers van Kruis en Dwars opneem. Sekere kontraktuele verpligting t.o.v. die duur van die advertensie sal moontlik nagekom moet word.
Vriendelike groete.
Gerrit Kritzinger
Ope Brief: Die N.G. Kerk gaan sterf
Beste Vriend
Die Nederduits Gereformeerde Kerk is in ‘n krisis.
Enigiemand wat die nuus dophou is bewus van al die strominge en konflik in die landswye kerk wat dikwels oorspoel na die sekulere media. En plaaslike gemeentes loop leeg. My eie gemeente is onlangs ge-oudit, en die bevinding was dat ons al die tekens van ‘n sterwende gemeente het – statisties gesproke sal ons gemeente oor ses jaar dood wees.
Waarom gebeur dit?
Christene wat in die NG kerk groot geword het en die Here daar aangeneem het voel deesdae soos vreemdelinge in hulle eie kerk. Ek praat nou die dag met my suster – sy sê sy was maande laas in die kerk. Ek vra versigtig uit hoekom.
Die antwoord? “Ek voel nie meer tuis in die kerk nie. Die dominee het in sy preek verduidelik dat alle mense – ook die in ander gelowe – uiteindelik gered sal word. Dit was die laaste keer dat ek kerk toe gegaan het.”
My persoonlike assistent het ‘n soortgelyke storie. Sy is ‘n diep gelowige Christen maar woon nie meer die dienste by haar plaaslike Baptiste gemeente by nie “omdat hulle oorgeneem is deur die nuwe teologie”.
Ek lees ‘n artikel in die JOY tydskrif oor Rob Bell, ‘n Amerikaanse popteoloog wat die bestaan van die hel en die ewige verdoemenis ontken, en skielik raak ek bewus van nuwe dinge: Die sg Ontluikende Kerk en Nuwe Reformasie.
Dit was vir my aanvanklik moeilik om te verstaan waaroor dit gaan, maar gelukkig kom ek af op ‘n artikel deur Julian Muller, waarin hy ‘n “nuwe wêreldbeeld”, panenteïsme, bepleit omdat die ou teïstiese wêreldbeeld volgens hom nie meer voldoende is vir die post moderne mens nie.
http://www.julianmuller.co.za/panenteïsme-n-nuwe-verstaan-van-god-vir-n-nuwe-tyd.html
Lees hier wat die Bybel sê van panenteïsme.
Eintlik is sy “nuwe wêreldbeeld” stokhoringoud, gewortel in neoplatonisme van Plotinus (204 – 270 na Christus) wat ten spyte van die pogings van verskeie filosowe deur die millenia nie kon deurbreek na die hoofstroom van Christelike denke nie.
Tot nou toe.
Om die “nuwe reformasie” en “ontluikende kerk” te verstaan moet jy hulle wêreldbeeld verstaan. Panenteïsme beteken letterlik “Alles (pan) – in (en) -god (theos) -isme”. Alles is dus in god (en god is in alles.)
Ongelukkig is ‘n wêreldbeeld ‘n moeilike dier om te vang. Dit vorm die fondasie van ‘n persoon se geloof, en is as sodanig onder die grond en buite sig. ‘n Hindu panenteïs sal byvoorbeeld die Apostoliese Geloofsbelydenis kan opsê en werklik elke woord daarvan glo. Hy aanbid egter nie die Drie Enige God van die Bybel nie, maar ‘n Hindu god wat op eerste oogopslag presies soos die God lyk wat ons aanbid. Maar krap jy dieper kom jy agter woorde en simbole het skielik ander betekenis, en die inhoud van die geloofsbelydenis verander totaal, sonder dat dit vir die toevallige toeskouer enigsins sigbaar is.
Daar is baie mense in leiersposisies in die Christelike geloofsgemeenskap wie hulle wêreldbeeld reeds vervang het. En mens kom dit moeilik agter omdat hulle steeds die regte klanke maak en dinge doen. En hulle slaag daarin om hierdie “nuwe” onbybelse teologie bietjie vir bietjie in te bring in ons kerk in om ons wêreldbeeld te verander sonder dat ons dit weet!
Panenteïsme (en ander vorms van liberale teologie) is lynreg in konflik met die Bybel .
Dit vernietig geloof.
Die kerk sterf omdat die wat daardeur meegesleur word uiteindelik hulle geloof verloor, en dan ophou kerk toe kom. Die wie nie meegesleur word nie voel ontuis, en vind ander geestelike tuistes. En al is ‘n plaaslike gemeente se leiers en kerkraad nog vry van die dwaalleer verloor gemeentelede hulle vertroue in die kerk, as gevolg van wat op nasionale vlak gebeur.
Dit is tyd dat die kinders van God in die NG Kerk wie glo in die Bybel standpunt inneem.
Die NG Kerk is nie sonder foute nie. Ons is almal nog steeds intens bewus van die sonde van Apartheid. Maar die NG Kerk is steeds die geestelike tuiste van derduisende mense, wat smag daarna en daarop gerigtig is om die Evangelie van God van die kansel te hoor.
Ek het Jesus aangeneem in die NG Kerk. Watter ander denominasie in ons land verwoord my geloof so klinkklaar soos die Heidelbergse Kategismes? Watter ander denominasie in ons land glo saam met my in God se ongelooflike verbond wat hy met my kinders sluit en beseël met die sakrament van die verbondsdoop? Waarheen anders kan ons gaan?
Kyk bietjie met hoeveel van die onderstaande jy saamstem:
- God is die Skepper. God is nie die skepping nie en die skepping is nie God nie. God is absoluut soewerein, almagtig, alwetend en alomteenwoordig.
- Die Bybel is die onfeilbare Woord van God.
- Die mensdom is perfek en goed geskape, maar het deur Adam en Eva se sonde totaal verdorwe geraak.
- Christus is God. Hy het mens geword deur die maagdelike geboorte. Hy het ‘n heilige en sondelose lewe op aarde gelei. Hy is gekruisig, het gesterf en het liggaamlik op die derde dag opgestaan uit die dood.
- Satan is ‘n persoon en nie net ‘n idee nie of metafoor nie. Die bewuste ewige verdoemenis is ‘n werklikheid.
- Geen mens kan die saligheid verwerf deur dinge te doen nie. Mense is volkome van God se genade afhanklik om gered te word. Hierdie genade is slegs beskikbaar aan mense deur Christus se dood aan die kruis.
- Slegs mense wie Christus aanneem as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker sal die ewige lewe ontvang.
Indien wat hier staan jou geloof verwoord, wil ek jou vra om asseblief hieronder jou geloof bely deur kommentaar op hierdie pos daar te lewer.
Vertel ons wat jy glo.
Gee ons jou persoonlike getuienis van jou vriendskap met Jesus.
Die doel is om ‘n duidelike boodskap na die leiers van ons kerk te stuur dat ons nie langer tevrede is dat die Evangelie van Christus se genade in ons kerk verwater word nie.
Ons eis dat ampsdraers en hoogleraars in ons kerk hulle opnuut verbind tot die Evangelie waartoe hulle geroep is, en dat die wie dit nie kan doen nie, eerlik sal wees, en hulleself aan die kerklike opsig en tug onderwerp. Mense wat hulleself vereenselwig met Julian Muller se panenteisme en ander vorme van liberale teologie kan nie langer onder die vaandel van ons kerk opereer nie.
Hierdie sal net slaag as elkeen opstaan en sê “Hier staan ek! Ek kan nie anders nie.”
In Christus
Wynand Louw
Verklaring van NG Kerk Doornkloof oor Grense en Saambly.
Iemand glo darem nog die Bybel is die Woord van God.
Hierdie is ʼn amptelike verklaring van NG Kerk Doornkloof gemaak op 16 September 2009.
Waar is die ware Leviete?
Sal die "Leviete" wat die Here dien asseblief vorentoe kom!
"Sal die “Leviete” wat die Here dien asseblief vorentoe kom! Ons is moeg vir die wat die
mense en hulleself dien!"
Die Redakteur Beeld,
Deel die lewe met mekaar hiér en nou 2009-11-04 en Gun (on)gelowige ook lewensruimte 2009-10-28 van Neels Jackson het betrekking:
Deel die lewe met mekaar hiér en nou:
Die Nuwe Hervorming Netwerk het steeds dieselfde vertrekpunte, in kort, hulle is vyande van die Evangelie van Jesus Christus! Dit lyk maar net na kalmer waters. Die verdraag-saamheid teenoor mense soos dié se standpunte wat die Evangelie ondergrawe word weereens deur die media opgedis asof ons almal dit aanvaar.
My vraag is egter waar is die Predikante wat in die gees van die Priesters Sadok en die Leviete wat getrou aan die Here gebly het, se stemme? Ek sien net ʼn handjievol wat opstaan vir die Evangelie, waar is die ander of het dit maar net ʼn gewone werk geword wat julle doen?! Die herders beter hulle werk doen, dis om kos te gee, beskerming en leiding. Kos vir die siel wat bestaan uit die korrekte interpretasie van die Woord van God wat ingeneem moet word vir groei en verfrissing asook beskerming teen die wolwe en wilde diere wat op die skape teer om nie eers te praat van die wolwe in skaapklere nie!
Wie sal nou luister wat sê die Here of hoor hulle ook net donderweer;
Esegiël 34:7 Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE:
Esegiël 34:8 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape 'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie--
Esegiël 34:9 daarom, o herders, hoor die woord van die HERE!
Esegiël 34:10 So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
Esegiël 34:11 Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.
Esegiël 34:15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE.
Esegiël 34:31 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.
En die wat afgewyk het van die Here sal nog daar werk maar Hom nie meer dien nie;
Esegiël 44:10 Maar die Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My af weggedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hul ongeregtigheid dra:
Esegiël 44:11 hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis en bedienaars van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag en voor hulle staan om hulle te dien.
Esegiël 44:12 Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel 'n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die Here HERE, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra.
Esegiël 44:13 En hulle mag nie nader kom na My toe om die priesteramp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes, na die hoogheilige gawes nie; maar hulle moet hul skande dra en hul gruwels wat hulle bedryf het.
Esegiël 44:14 Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem, vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen moet word.
En dan ten opsigte van die wat getrou bly;
Esegiël 44:15 Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE.
Esegiël 44:16 Hulle moet in my heiligdom ingaan, en hulle moet na my tafel toe nader kom om My te dien en my diens waarneem.
Deel die lewe met mekaar hiér en nou van Neels Jackson 2009-11-04:
“Vyf jaar gelede het die teologiese storms om die Nuwe Hervorming in al hul felheid gewoed. Neels Jackson berig dat die Nuwe Hervorming Netwerk, wat daaruit gebore is, nou in kalmer waters vaar.” lees verder
Gun (on)gelowige ook lewensruimte:
Dan is die beste wat Drs. Stephan Joubert en Nelis Niemandt, wat sendingwetenskap doseer, kan doen as hulle vir die Evangelie moet opstaan; Die skool is nie ʼn sendingveld nie, volgens Stephan Joubert en Nelis Niemand sê dat sending ʼn saak van verhoudings is waarmee ek saamgaan as dit is om iemand te help om met die Lewende God van die Bybel ʼn verhouding te hê deur tot bekering te kom! Dit is definitief nie wat hy hier sê nie! Hulle propageer albei die “Emergent Church” so dis eintlik te verstane waarom dit hul posisies is.
Gun (on)gelowige ook lewensruimte 2009-10-28 van Neels Jackson, wat berig na aanleiding van die debat oor godsdiens in skole.
“Die skool is nie ’n sendingveld nie.
Hieroor stem dr. Stephan Joubert van die e-kerk saam.
Niemandt, wat sendingwetenskap doseer, sê dit beteken nie Christene hoef hul sendingywer in te boet nie. Maar sending is in die eerste plek ’n saak van verhoudings, nie van inligting nie. Goeie verhoudings beteken meer vir die sending as om mense met propaganda te oorlaai.” Lees verder
NG Kerk
Dopperklap in NG kerk se gesig? Deur Dr Henrietta Klaasing
So van klappe gepraat: dit lyk my daar is mense in die Gereformeerde Kerk wat ten minste nie oogklappe aan het nie.
Die Gereformeerde kerk moet geloof word vir die sterk standpunt wat hulle inneem teen dwaalleer. In die NG Kerk is daar oor die afgelope tien of meer jare briewe geskryf en kommentaar gelewer in die kerk se eie asook in die sekulêre media juis oor dwaalleer in die NG kerk – tans word debatte ook gevoer in elektroniese ruimtes soos op Kerkbode Aanlyn, die Gespreksforum (ou Diversiteitsforum) en die Kerkbode se Facebook-muur.
Selfs boeke is geskryf, soos Adrio König se Die evangelie is op die spel, Pieter Pelser se NG Kerk reformeer of disintegreer, Ferdie Mulder se Opgestaan, Besorgde Lidmate en Leraars se Die Trojaanse Perd in die NG Kerk, - hierdie is maar enkele titels vir dié wat nie weet nie. Daar is ook ʼn hele reeks DVD’s gemaak Nuwe strominge in die teologie, deur Sarel van der Merwe.
ʼn Baie sterk verklaring het in 2007 uit eie geledere gekom toe ʼn aantal emeriti van die Universiteit van Pretoria hul besorgdheid oor liberale strominge van die in die vorm van ʼn geloofstandpunt uitgespreek het (lees hier: http://www.teo.co.za/wmview.php?ArtID=617) .
Niemand is so doof soos hulle wat nie WIL hoor nie - ten minste “hoor” mense in die Gereformeerde en die Hervormde kerke die dwaalleer-waarskuwings wat oral uitgebasuin word.
.............................................................................................................................
Liberale en humanistiese koers wat die NGK inslaan
Dankie aan Rapport vir Johannes de Villiers se berig “Ware soeke na God se wil” (1 Oktober 2011) so kort voor die Algemene Sinode.
Mooiklinkende frases van dr. Kobus Gerber soos “opregte soeke na God se wil”, “vergader met ons oop Bybels in die teenwoordigheid van die Hoof van die Kerk, Jesus Christus ons Here,” en “ons moet sy stem hoor” beïndruk nie. Is daar by die uitwerk van genoemde besprekingspunte asook andere in die agenda uitgekom deur dié stappe te volg? Wat mens oor hierdie sake in die sekulêre media en die kerk se eie mondstukke lees en na luister, toon duidelik die toenemend liberale en humanistiese koers wat die NGK inslaan.
ʼn Voorbeeld: Oor saamwoon word die kerk gevra om gelowiges wat saamwoon aan te moedig “om die verbintenis nog vaster te maak deur die kerklike en staatkundige aspekte ook agtermekaar te kry”. Is die Bybelse weg nie sondebesef, berou en bekering voordat man en vrou na saamwoon in die eg verbind word nie?
Nog ʼn bekommernis rakende die NG Kerk is wat uitgekom het op 25 September 2011 op RSG se Kruis en Dwars. ʼn Gesprek is gevoer tussen Chris Jones en Sheg Najjar met Johan van Lill as gespreksleier, oor samewerking tussen Christene en Moslems. Terme gebruik deur Jones soos “shift from conversion to conversation” en “om saam te werk teen armoede” beklemtoon die humanistiese hier-en-nou benadering van ʼn “social gospel” wat tekenend is van die Ontluikende Kerk. Waarom die skuif weg van die Bybelse opdrag om dissipels te maak van al die nasies? Gaan hierdie rekonsiliasie tussen die Christendom en Islam uitloop op iets soos die intergeloofs- en ekumeniese “Chrislam”?
In die Bybel word ses van die sewe gemeentes in Asië gewaarsku (Openb. 2 en 3) en die waarskuwings fokus telkens op toleransie, akkommodering van die kwade en onverskilligheid teenoor dit wat die Woord van God leer.
Dr. Henrietta Klaasing, Groblersdal
.............................................................................................................................
Waarheen is die NG kerk op pad?
Die NG Kerk op ʼn historiese laagtepunt.
Deur Dr. Hennie Mouton, Skrywer van "Verken Lewenswetenskappe verder - ʼn kritiese evaluering van evolusie".
Die ateïs en evolusionis, prof. George Claassen, is uitgenooi om as hoofspreker by die openingsdag op 2 Februarie 2010 van Universiteit Pretoria se Fakulteit Teologie te praat oor Skepping en Evolusie. Dat 'n ateïs uitgenooi word om by so 'n geleentheid die hoofspreker te wees, laat al klaar 'n paar vrae, maar die probleem is vererger deur die twee amptelike replieke daarop, waar die twee teologieprofessors grotendeels nie van hom kon verskil nie.
Repliek deur Dr. Hennie Mouton, Skrywer van "Verken Lewenswetenskappe verder - ʼn kritiese evaluering van evolusie" ;
Waarheen is die NG kerk op pad?
Die NG Kerk op ʼn historiese laagtepunt
The case of Ahab, Jesebel and the Church of the last days by Danie Strydom
Elijah killed the false prophets. Today we do it by taking up the Word of God against them. Just see how evident it is that they cannot stand against the Word of God!
1 Kings 18:40 Then Elijah said to them, "Seize the prophets of Baal; do not let one of them
escape." So they seized them; and Elijah brought them down to the brook Kishon, and slew
them there.
The case of Ahab, Jesebel and the Church of the last days
Die spreekwoordelike Trojaanse perd en die NG Kerk deur Danie Strydom
Hoe sal ons nou die Trojaanse Perd fnuik en buite die poorte verbrand?!
Die tyd het gekom dat ons reguit met mekaar praat, die toestand van ons land behoorlik omskryf en die antwoorde in die Woord van die Here soek. Hoe klink dit as iemand die waarheid praat, hoe diep is die indringers al binne in die midde en wie het die moed om hulle te verwyder en die regte dinge te doen om ons weer op dreef te kry?! Hoe lank sal ons nog toelaat dat die wat van beter behoort te weet, net so voort ploeter en die Trojaanse Perd binnenooi terwyl hulle dit buite die poorte moes verbrand het?
Dit is belangrik wat ons sê. Hoe toets ons die indringers? Sjibbolet was die uitspraak van die goeie ouens en Sibbolet die uitspraak van die indringers! Dit is baie naby aan mekaar, net soos vandag. Daar is egter net een regte uitspraak! Hulle sal baie woorde hê wat so reg klink, maar luister en toets mooi. Baie ironies dat hulle almal Israeliete was. Hier is baie wat hulle Christene noem maar laat hulle net ʼn bietjie praat.
Click to download full article
Ek is kwaad, daarom bid ek... deur Daniel Louw 2010-02-10
Op 8 Februarie 2010 skryf Willem Bakkes in “Ek glo ook dat God in ons koppe ‘gebeur’?” dat God mensgemaak is en dat God saam met die laaste mens op aarde sal sterf. Willem is tans ’n proponent by Aasvoëlkop-gemeente.
Willem sê: “Nietemin swyg ek oor my sienings en weet dat ’n mens maar versigtig moet wees wat jy aan die publiek verkondig, want daar is mense wat baie onverdraagsaam is en ’n mens skade wil berokken as jy ’n meningsverskil het oor geloofsake.”
Die nuutste postmoderne stominge en geestelike afval in die kerk, word aangespreek deur Mnr. Sarel v.d. Merwe. Hy wys ook op ʼn gepaste en feitelike manier na die dwaling wat verkondig word op die Teologiese front.
Die WTL seminaar oor die “Emerging” Kerk, het heftige reaksie van verskeie pro-emergent teoloë en predikante in die media ontketen. Onder die opskrif: Nuwe Verdagmakery teen NG Teoloë, was die volle voorblad van die Kerkbode van 6 Maart 2009 daaraan gewy om ʼn lasterlike persoonlike aanval teen my te loots – sonder om enigsins te verwys na die feite wat ek op die tafel geplaas het. In hierdie berig het prof. Nelus Niemandt my geëtiketteer as onder andere ʼn “selfaangestelde laksman” en vergelyk met die “Inkwisisie” – wat natuurlik mense op die brandstapel verbrand het (sien aanhegsel 1 vir Kerkbode-berig).
Al die uiters kommerwekkende feite oor “Emerging” Kerkleiers, waarna ek in die reklamemateriaal van die seminaar verwys het (sien aanhegsel 2), was heel gerieflik deur prof. Niemandt in oordrewe taal afgemaak as “haatspraak”, “karaktermoord”, “wilde stellings” en “leuens” – natuurlik sonder om aan te toon watter “stellings” ek dan sou gemaak het wat nie feitelik korrek was nie. Heel ironies het prof. Niemandt skynbaar nie agtergekom dat hy besig is om homself skuldig maak aan presies al dié dinge waarvan hy my beskuldig nie – en dit nogal op die voorblad van die Kerkbode! (vgl. Rom. 2:1) Dit wil voorkom asof ék nie die “laksman” is nie, maar of hy besig is om homself “op te hang” deur sy eie “ wilde stellings ”.
ANC en offers aan die voorvaders
Tydens die eeufeesvieringe van die ANC in Bloemfontein op 6-8 Januarie 2012 gaan offers aan die voorvaders gebring word
Dit is aanduidend van die geestelike verval en nood van ons land. Die hele Bybel is vol van God se afkeur oor afgodery (Eks. 20:3). Ons land kan nie hoop op God se seën, as ons Hom die rug toekeer en uittart met afgodery nie. As Christene durf ons hierdie inisiatief deur ons regering nie gelate aanvaar nie. Ons stilswye sal beteken dat ons dit goedkeur. Die situasie in ons land maak dit uiters noodsaaklik dat daar nou ernstig en volhardend vir herlewing gebid moet word. Hierdie is 'n saak waaroor Christene van alle denominasies saam behoort te staan.
Kom ons verenig in gebed. Kom ons smeek die Here om ons te besoek met 'n herlewing deur die Heilige Gees, soos wat hierdie land nog nooit gesien het nie.
Ek hoop dat lede van die ANC wat nog Christene is besef wat hier aan die gebeur is en wat hulle ondersteun.
Evolusie
Ateïs het respek vir Christene - Repliek deur Daniel Louw
Ateïs het respek vir Christene
http://www.kerkbode.co.za/Voorbladartikel.asp
"Ek het die hoogste respek vir christene. Ek het die hoogste respek vir gelowiges. My pa is ’n toegewyde christen en vir hom het ek die grootste respek,” het prof George Claassen tydens die openingsgeleentheid van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gesê.
Daniel se kommentaar:
Prof du Toit
Ek dink dit is goed dat ’n mens alle kante van die storie hoor. En ek sou sê dat dit goed was dat Claassen opgetree het by die UP Teologiese Fakulteit. Ek het net twee probleme:
1. As ’n Christen evolusie aanvaar, dan raak jou argumente teen ’n ateïs baie flou. En dit is ook wat gebeur het – Claassen se argumente is nie werklik weerlê nie.
2. Na hierdie geleentheid was daar ’n versoek dat Mark Harwood van CMI (www.creation.com) ook die Fakulteit sal toespreek, maar prof Julian Muller het dit nie toegelaat nie. Dit is dan mos nie om beide kante van die storie te hoor nie, of hoe?
----------------------------------------------------------------
Skepping en evolusie - Repliek deur Daniel Louw
Deur Cornel du Toit Gepubliseer:
http://teo.co.za/artikel/articles/287/1/Skepping-en-ewolusie/Bladsy1.html
CORNEL DU TOIT
Cornel du Toit se Artikels
Respons op George Claassen (“Die klippe roep dit uit...” - http://teo.co.za/artikel/articles/286/1/Skepping-en-Evolusie/Bladsy1.html)
Daniel se kommentaar:
Waarmee ek wel met Claassen kan saamstem is dat die evolusieteorie die beste teorie is wat ons vandag het INDIEN 'N MENS AANVAAR DAT DAAR NIE 'N GOD IS NIE!
Hy weerspreek homself egter met: "Claassen is oortuig dat die evolusie teorie deur genoeg wetenskaplike bewyse gestaaf word om dit as die waarheid te aanvaar. Hy het egter bygevoeg: “Die wetenskap is nie absoluut nie. Die wetenskap erken altyd dat hy onseker is. Darwin mag verkeerd wees, maar in dié stadium is dit die beste verklaring."
Dus sê hy aan die een kant dat evolusie 'n wetenskaplik bewysde feit is en aan die ander kant erken hy dat Darwin moontlik verkeerd kon wees. Sonder om te veel in die detail in te gaan, wys dit maar net weer dat daar selfs by Claassen onsekerheid is.
Wat ek egter nie verstaan nie is hoekom dit vir Christene so moeilik is om mense te glo wat daar was wat dit vir ons opgeskryf het. God het met Adam in die tuin gewandel en dus maak dit vir my sin dat of God self Genesis 1 geskryf het, of Adam het dit geskryf hoe God dit aan hom vertel het.
Evolusie is egter 'n teorie wat juis ontwikkel is om alles te probeer verklaar sonder God. Dan maak dit mos nie sin dat Christene evolusie aanvaar en net byvoeg dat God so geskep het nie. Glo eerder die Bybel.
Skepping en Evolusie
UP Teologiese Fakulteit - Claassen in, Harwood uit deur Daniel Louw
Op 2 Februarie 2010 het dr George Claassen opgetree as gasspreker by die UP Teologiese Fakulteit (UPTF) se openingsdag. Later, in dieselfde maand, is ’n versoek gerig dat dr Mark Harwood ook die UPTF toespreek, maar dit is van die hand gewys. Claassen is joernalis en uitgesproke ateïs en Harwood ‘n afgetrede ontwerpingenieur en deeltydse spreker vir CMI-Australië.
----------------------------------------------------------------
Die klippe roep dit uit...
Repliek deur Dr. H Mouton;
George Claassen, lesing gelewer by die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, 2 Februarie 2010
Prof. George Claassen, bekende ateïs en evolusionis, is deur die Fakulteit Teologie genooi as hoofspreker by hul openingsdag. Hy het in sy aanbieding reg in die begin verklaar dat sy subtitel “Die klippe roep dit uit ...” ʼn doelbewuste omdraai van Jesus se woorde is. Sy gedagte, soos later duidelik gaan blyk, is dat die klippe en die natuur uitroep dat evolusie sonder enige twyfel waar is. Sy woord “omdraai” het hy waarskynlik juis gekies om die aard van sy standpunt as teenstelling teenoor God die Skepper en Sy Seun Jesus Christus duidelik te maak.
Repliek deur Dr. Hennie Mouton
Additional information: Lifestyle C is based in Pretoria (Gauteng), South Africa - We can accommodate any client(s) for requested lifestyle sessions at a venue that is convenient for both parties. You can contact Danie Strydom for professional life coaching and alignment.
[ Back to top ]

